SaligsprekingeVoorbeeld

Saligsprekinge

DAG 35 VAN 43

Lees: Johannes 14:27

SOAP: Johannes 14:27

Die vrede waarop ons hoop, wat ons in ons gemeenskappe voor werk en wat ons verwag om in die Ewigheid te sien, is nie die hoop van die wêreld nie. Jesus berei voor om sy dissipels te verlaat, en wat aanvanklik klink na ‘n tipiese Joodse totsiens: “Vrede laat ek vir julle na…” beteken eintlik soveel meer. In Hebreeus, dra hierdie woord “Shalom” ‘n baie dieper betekenis as ons Afrikaanse woord “vrede.” Dit beteken om te floreer, ‘n heelheid, ‘n wêreld wat werk soos dit veronderstel is om te werk.

Jesus gee hier vir Sy volgelinge groot hoop. Die hoop wat die wêreld gee lyk soos oorheersing, oorlog en verwoesting. Die Romeinse Ryk het sy vrede behou deur almal te oorwin wat dit durf waag het om hulle teen te staan. Ons wêreld van vandag soek, net soos die Romeinse Ryk, vrede op gewelddadige en destruktiewe maniere. Dit is glad nie soos die vrede wat Jesus vir ons belowe nie. Ons hoef nie bang of bekommerd te wees nie, want die weë van hierdie wêreld gaan tot ‘n einde kom en werklike florering sal plaasvind. Ons hoop word nie gevind in verowering of oorheersing nie, maar in die soeke na die ware heelheid van 'n gebroke wêreld.

Dierbare Heer, dankie vir u belofte van vrede. Kalmeer my hart en maak my angs minder. Leer my hart om die tipe vrede wat U belowe het, te soek.

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/