SaligsprekingeVoorbeeld

Saligsprekinge

DAG 40 VAN 43

Lees: 1 Petrus 4:12-14

SOAP: 1 Petrus 4:12-14

Wanneer ons swaar beproef word, wonder ons dikwels of God ons verlaat het.  Inteendeel sê Hy dat ons ons oor ons lyding moet verheug, omdat ons weet dat ons aan Christus behoort en geseënd is juis vanweë sy teenwoordigheid. Lyding is nie die gevolg van die afwesigheid van God nie, maar lei dikwels daartoe dat ons na Hom soek. Ons volgehoue begeerte na sy teenwoordigheid sal ons daaraan herinner om ons hoop in ons toekomstige herstelde verhouding met Hom te plaas. 

Dit beteken dat ons reaksie op lyding wys hoe ons oor God dink – wraakgierig en kwaai, of genadig en liefdevol. Sy belofte van toekomstige vreugde behoort ons reaksie op lyding te motiveer. Ons weet dit is tydelik, ons weet dit is niks erger as wat Jesus ervaar het nie, en ons weet dat dit ons nader aan God bring. Ons kan geduld en lankmoedigheid in ons lewens aankweek as ons konsekwent met vreugde en hoop op lyding reageer. Lyding is nie deel van God se plan nie, maar Hy is genadig genoeg om dit ten goede pleks van ten kwade in ons lewens te gebruik. 

Dankie God, dat U vir ons gely het. Dankie dat U ons nie in ons pyn en sonde gelos het nie, maar dat U dit vir ons moontlik gemaak het om met U versoen te word. Dankie dat U vir ons toekomstige hoop en vreugde belowe. 

Dag 39Dag 41

Aangaande hierdie leesplan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/