SaligsprekingeVoorbeeld

Lees: Lukas 6:22, Romeine 12:14
SOAP: Lukas 6:22, Romeine 12:14
Die Skrif is duidelik daaromtrent dat gelowiges vervolging moet verwag, maar daar word ook vertel dat baie mense na die groeiende gemeente van die vroeë kerk in Handelinge gestroom het. Hoe is dit moontlik? Die welgesteldes en die magtiges, die godsdientige leiers en die lede van die sosiale binnekringe het die Christene vervolg, maar die armes en diegene wat gering geag is, die godsdienstige uitgeworpenes en die sosiale buitestaanders is aangetrek na ‘n geloof wat hulle met ope arms verwelkom het. Wanneer ons vervolging en swaarkry in die gesig staar, moet ons onthou dat ons geloof eers deur die magteloses, en nie die magtiges nie, aangegryp is. Die getuienis van die kerk het die veragting ontlok van dié wat gemaklik was met hulle aardse lewens, maar het dié aangetrek wat hulle behoefte besef het.
Ons is geseënd wanneer ons oortuigings en geloofsdade veroorsaak dat ons vervolg word, en ons word aangespoor om diegene wat dit veroorsaak, te seën. Eerder as om terug te baklei en gewelddadig teen hulle op te tree of hulle in ruil daarvoor te vervolg, word ons geroep om te seën: om hulle welvaart en voorspoed te bevorder.
Dankie God, dat U by my is in my lyding. Gee my die krag om vervolging met seën en goedheid te vergoed. Gee vir my geleenthede om die magteloses te dien en diegene wat my vervolg, te seën.
Aangaande hierdie leesplan

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |
Verwante Leesplanne

Nader tot God

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

Ewige Verbond

Seën vir jou siel

Anders As Ek

Vrug: 'n Onvergeetlike lewe
