SaligsprekingeVoorbeeld

Saligsprekinge

DAG 39 VAN 43

Lees: Johannes 15:18, 2 Timoteus 3:12

SOAP: Johannes 15:18, 2 Timoteus 3:12

God belowe nie dat ons ‘n meer gerieflike of beter lewe op aarde sal hê as gelowiges nie. Inteendeel, Hy belowe dat ons moeilikheid, swaarkry en teenstand sal ervaar van die wêreld. Jesus het dit ook self ervaar in sy tyd op aarde – Hy verstaan wat ons ervaar en kies om dit op Homself te neem. Jesus het gekom om redding, versoening en verlossing te bring aan die hele wêreld en Hy het teenstand gekry om elke hoek en draai.

Dit is nie net ons geloofsuitkyk wat haat uitlok deur die wêreld nie, maar ook ons reine lewens. Deur te leef soos Jesus wil hê ons moet leef, sal moeilikheid vir ons veroorsaak. Maar net soos die uitleef van ons geloof vervolging sal veroorsaak, so is dit ook die regte manier om te reageer op vervolging. Wanneer ons vervolg en verkeerd behandel word, moet ons ons mag neerlê, vir ander genade bewys (oor en oor) en vrede soek in ons gemeenskappe. Wanneer ons gehaat word, het ons geen reg om met haat te reageer nie, maar met ‘n evangelie boodskap van liefde.

Dankie Here, dat u eindelose vervolging en lyding verduur het vir my onthalwe. Gee my die krag om genade te bewys aan die wat my seermaak en liefde aan die wat my haat.

Dag 38Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/