'n Vrou Van betekenis: Ken Jou Identiteit In God Voorbeeld

A Woman Of Significance: Knowing Your Identity In God

DAG 5 VAN 5

Geskep Vir Nabyheid

“Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels”
—Psalm 17:8.

Jy is geskep vir nabyheid met Christus. Die Koning van alle konings wil 'n intieme verhouding met jou hê. Te veel vroue in ons kultuur maak die hartverskeurende fout om nooit die lewe van intimiteit en vriendskap met God te lewe wat Hy vir ons beplan het nie!

Sodra jy, as 'n vrou, kan verstaan dat God saam met niemand anders behalwe jy tyd wil deurbring nie, sal jy begin om prioriteite en aktiwiteite te kies gebaseer op sy genot eerder as jou eie. Jou begeertes sal dieselfde word as sy begeertes wanneer jy verstaan hoe waardevol jou lewe vir die skepper van die heelal is. Dit sal slegs gebeur wanneer jy naby genoeg aan God kom om jouself deur sy liefdevolle oë te sien.

Indien jy sukkel om nabyheid met die Vader te hê, wil ek jou graag gerus stel, dis nie Grieks nie. Maak jou Bybel oop en lees die Psalms, laat hulle jou siel skoon was met die wonder van God se teenwoordigheid. Bestee elke dag tyd in aanbidding, sing sommer hardop terwyl jy jou Pappa beter leer ken. Stel jouself bloot aan kragtige en positiewe Bybel leringe deur potgooie te luister en in boeke te lees.

Dit is wanneer jy die Vader verwelkom in 'n intieme en liefdevolle verhouding met jou, sy gunsteling dogter, dat jy as die appel van sy oog optree. Moenie hierdie spesiale deel van menswees afskeep nie — moenie Hom ignoreer of jouself van sy kameraadskap weerhou nie. Die grootste geluk aan hierdie kant van die hemel is dalk net om tyd saam jou Pappa deur te bring!

Ons kennis van wie ons is stam van God se kultuur af. Ons posbeskrywing is geskryf in sy Woord en ons sal sy planne uitvoer tot die dag wat ons na Hom sal gaan in die ewigheid. Terwyl ons hier is, lewe ons in geloof en nie deur wat ons sien nie, want ons oë is gevestig op 'n hele ander wêreld. Hierdie wêreld is nie ons identiteit nie. Ons identiteit is gevestig deur 'n koninkryk wat onwankelbaar is!

Jy is presies wie God sê jy is. Glo dit!

Praktiese Toepassing:

Skryf vandag vir my 'n e-pos by carol@carolmcleodministries.com en laat weet my hoe ek vir jou kan bid in jou soektog na jou identiteit in God en sy opinie oor jou. Ek sien uit daarna om van jou te hoor!

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

A Woman Of Significance: Knowing Your Identity In God

Ons fisieke kenmerke en ons vaardighede is nie die wese van wie ons is nie en moet nooit die finale stem wees wat ons definieer nie. Ons moet ontdek wat God sê ons waarde en ware potensiaal is. As 'n vrou van betekenis word jy bemoedig om te aanvaar wie God sê jy is! Die kragtige waarheid van jou identiteit is die volgende: Jy sal nooit weet wie jy is totdat jy weet wie jy in God is nie.

More

Ons wil graag vir Whitaker House bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod/