'n Vrou Van betekenis: Ken Jou Identiteit In God Voorbeeld

A Woman Of Significance: Knowing Your Identity In God

DAG 2 VAN 5

God Se Meesterstuk

“God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep”
— Genesis 1:27.

Bogenoemde kragtige Skrifgedeelte, maak die dapper stelling in die heel eerste hoofstuk van die opgetekende Woord van God, dat jy geliefde, as die beeld van God geskep is! 

Dit is die waarheid: jy is geskep om soos die God van die heelal te "lyk", op te tree en te praat. Jy is sy presiese verteenwoordiger hier op aarde. Hy het jou geskep om sy volmaakte meesterstuk te wees. Jy is natuurlik nie God nie, maar Hy het jou geskep om in elke manier denkbaar soos Hy te wees. God het man en vrou as sy eie beeld geskep. Jy het God se DNS in jou!

Jy is nie geskape om 'n weerspieëling te wees van vorige verwerping, kindermishandeling, huweliksmishandeling of emosionele paniek nie — jy is geskep om die karakter en aard te weerspieël van die God wat vlees geword het. Jy het die merkwaardige geleentheid gekry om die hande, voete en hart van Jesus vir 'n wêreld in pyn te wees.

Die Satan, ons sielevyand, wil nie hê dat jy in die rykdom moet leef van wie jy bedoel is nie, dus probeer hy jou mislei met deurmekaar gedagtes, verkeerde visies en 'n gebroke selfbeeld. Die Satan probeer jou van koers af gooi deur jou te laat dink en glo dat jy nie goed genoeg is nie en nooit sal wees nie — en niks kan verder van God se opwindende waarheid af wees nie!

Nadat God die mense geskep het, het Hy hulle geseën en gesag gegee oor alles wat Hy gemaak het! Hy laat hulle heers oor die skepping. Jy, my vriendin, is oor die wêreld in beheer aangestel deur die Een wat alle gesag en mag het!

Ek wil hê jy moet besef hoe belangrik dit is om ondersoek in te stel na jou geloofsopvattings, hoe jy jouself sien. Onthou, jy sal nooit verder kan leef as wat jy dink jy kan nie. As jy in jou hart kan glo dat die Woord van God altyd waar is en dat wat Hy verklaar het altyd die verpersoonliking van sy weldeurdagte planne is, dan moet jy, absoluut moet jy, oor jouself begin dink soos Hy oor jou dink. Wanneer jy jou gedagtes aan die Woord en die doel van jou Skepper onderwerp, sal dit 'n invloed hê op die woorde wat jy uitspreek, die besluite wat jy neem en die geselskap wat jy opsoek. Ek wil hê jy moet dink aan alles wat jy is, in plaas van alles wat jy nie is nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

A Woman Of Significance: Knowing Your Identity In God

Ons fisieke kenmerke en ons vaardighede is nie die wese van wie ons is nie en moet nooit die finale stem wees wat ons definieer nie. Ons moet ontdek wat God sê ons waarde en ware potensiaal is. As 'n vrou van betekenis word jy bemoedig om te aanvaar wie God sê jy is! Die kragtige waarheid van jou identiteit is die volgende: Jy sal nooit weet wie jy is totdat jy weet wie jy in God is nie.

More

Ons wil graag vir Whitaker House bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod/