'n Vrou Van betekenis: Ken Jou Identiteit In God Voorbeeld
Gevul Met God Se Teenwoordigheid
Jy gaan voortdurend in skande leef as jou selfbeeld in konflik is met wie God sê jy is. Indien jy weier om jouself te sien hoe God jou sien sal jy jou lewe lank vol trots of vol vernedering leef. Jy sal altyd skaam wees vir wie jy geword het, want jy weet nie wie jy geskep is om te wees nie.
Adam en Eva was geborge omdat hulle geweet het wie hulle geskep is om te wees. Ek glo dat hulle intieme kennis gehad het dat die fokus van die lewe is op wat in hulle is, nie hoe hulle lyk nie. Adam en Eva was nie skaam nie, want hulle was vol van die teenwoordigheid van die God wat hulle geskep het! Hulle het van die boom van die lewe geëet en saam met God in die tuin van Eden gewandel. Daar was geen skaamte daarin nie!
Toe het Eva egter die leuen geglo wat uitgespreek is deur die een wat die Bybel identifiseer as die “vader van die leuen” (Johannes 8:44). Die Satan is bekend vir sy leuens en dis al hoe hy kan kommunikeer. Jy neem die risiko om te luister na sy leuens as jy nie seker is hoe God jou sien nie. Die enigste manier om verseker te wees van God se vertroue in jou, is om van die boom van die lewe te eet en 'n intieme verhouding met God te kweek.
Ons, as vroue van God in die een en twintigste eeu, het 'n keuse: Of ons glo God en wat Hy in sy Woord sê, of ons glo die leuens van die Satan. Of ons glo dat God ons liefhet en seën, of ons glo die vyand se leuens. Of ons glo dat ons as die beeld van God en vir sy doel geskep is, of ons glo die vyand se leuens.
Ons kan 'n wonderlike en verskillende resultaat sien, wanneer ons besluit dat ons God se waarheid in plaas van die Satan se leuens sal glo. Ons kan 'n hele ander lewe leef wanneer ons eenvoudig besef wie ons moet glo ons geskep is om te wees, wie God sê ons is! As God dit nie gesê het nie ... dan glo ek dit nie!
Aangaande hierdie leesplan
Ons fisieke kenmerke en ons vaardighede is nie die wese van wie ons is nie en moet nooit die finale stem wees wat ons definieer nie. Ons moet ontdek wat God sê ons waarde en ware potensiaal is. As 'n vrou van betekenis word jy bemoedig om te aanvaar wie God sê jy is! Die kragtige waarheid van jou identiteit is die volgende: Jy sal nooit weet wie jy is totdat jy weet wie jy in God is nie.
More