Die PriesterskapVoorbeeld
DIE STAM VAN JUDA EN DIE STAM VAN LEVI
Onse Here Jesus kom uit die stam van Juda en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie (Heb 7:12-14). Juda is die koninklike en Levi die priesterlike stam.
Die Latynse woord vir priester is pontifex, wat “brugbouer” beteken. Die priester was dus ʼn man wie se funksie was om ʼn brug te bou tussen God en die mens, hy het dus tussen God en mens gestaan.
Dit is ʼn vreemde en eintlik ongelooflike feit dat die hele Joodse priesterskap op ʼn geslagsregister gegrond was. Persoonlike eienskappe het geen rol gespeel nie. Maar Jesus Christus was die Ware Priester, nie omdat Hy dit geërf het nie, maar omdat Hy is wat Hy is. Hierin was ʼn Priester groter as enige ander onder die stam van Levi.
Die Priesterskap van Jesus is groter as dié van die Leviete omdat sy priesterskap met ʼn eed bevestig is (Heb 7:20-21; Ps 110:4).
Niemand sal ooit hierdie Hoëpriesterskap van Jesus (Heb 3:1) kan wegneem nie, vir alle ewigheid bly Hy die Een wat die mens aan God voorstel.
Jesus Christus is die beste Hoëpriester. Hy het nie enige diere geoffer nie, omdat die bloed van diere nie sonde weggeneem het nie, maar ten beste dit net bedek het (Heb 10:1-4), dit het mense net seremonieel gereinig. Christus se offer van Homself, die volmaakte Lam van God (Joh 1:29), was die één offer wat sonde vir altyd sou wegneem (Heb 10:5-18). Sy gewillige offer van Homself was die LAASTE OFFER. Nou weet ons, “omdat Hy vir ewig bly, besit (Hy) ’n priesterskap wat nie op ’n ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree” (Heb 7:24-25). Amen.
Noudat ons die hoëpriesterskap van Aäron teenoor Jesus Christus as Hoëpriester volgens die orde van Malgisédek in oënskou geneem het in deel 1 van die Priesterskap, kan ons ons nou wend na Aäron en sy God en Aäron en sy seuns, en hoe dit Christus en die gelowiges se priesterlike taak tipeer.
Aangaande hierdie leesplan
Tot hiertoe het ons die tabernakel bestudeer in verhouding tot sy struktuur en meublement (huisraadstukke) met die beklemtoning van die waarheid dat God na die mens toe gekom het. In hierdie leesplan gaan ons die priesterskap bekyk met die klem op die mens se toetrede tot die teenwoordigheid van God.
More
Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/