Die PriesterskapVoorbeeld

Die Priesterskap

DAG 4 VAN 8

HOE DIE AÄRONITIESE EN MELGISÉDEKSE PRIESTERORDES VERSKIL

Die verskil tussen die priesterskap van Aäron en Malgisédek word duidelik onderskei in die persoon, die orde en tydsduur.

  • PERSOON

In die Aäronitiese orde was die priesters feilbare, sondige persone (Heb 5:1-3). In die orde van Melgisédek word die sondelose getipeer (Heb 4:15; 7:26-28).

  • ORDE

Die Here het die orde van Aäron ingestel uit die geslag van Levi (Num 17:1-8; Ex 28:1). Die orde van Melgisédek was vóór dié van Levi – terwyl die nageslag van Levi eers 430 jaar later gekies is om die priesterstam uit die 12 stamme van Israel te wees.

  • TYDSDUUR

Aäron het gesterf en ander het hom opgevolg (Heb 7:23). Dit was ʼn tydelike priesterorde. 

Jesus besit ʼn priesterskap wat nie op ʼn ander oorgaan nie (Heb 7:24). In Hom het ons ʼn Ewige, Onsterflike Hoëpriester. Soos Melgisédek van Abraham tiendes ontvang het, so ontvang ons Here Jesus Christus, ons Getroue Hoëpriester, tiendes deur sy Kerk (gemeente) (Heb 7:5-10).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Priesterskap

Tot hiertoe het ons die tabernakel bestudeer in verhouding tot sy struktuur en meublement (huisraadstukke) met die beklemtoning van die waarheid dat God na die mens toe gekom het. In hierdie leesplan gaan ons die priesterskap bekyk met die klem op die mens se toetrede tot die teenwoordigheid van God.

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/