Die PriesterskapVoorbeeld

Die Priesterskap

DAG 2 VAN 8

DIE HOËPRIESTERSKAP

Aäron – die hoëpriester (Ex 28; 39:1-31).

Moses en Aäron was van die stam van Levi. Die Here het Aäron, Moses se broer, die eerste hoëpriester uit die stam van Levi gemaak. Aäron was geheilig om hoëpriester te wees, ook moes hy wegbly van enigiets wat hom kon besoedel het omdat hy die tussenganger was tussen die Here God en die volk Israel. Alleenlik Aäron se nageslag is toegelaat om priesters te wees en die priesteramp te bedien. Die Leviete is wel toegelaat om in die tabernakel te bedien en dit rond te dra op hul woestynreis.

Die hoëpriester het besonderse klere gedra vir sekere take wat hy moes verrig. Die kleredrag het bestaan uit ’n rok (onderkleed), gordel, mantel en skouerkleed. Bo-op die skouerkleed was twee oniksstene waarop die name van die twaalf stamme van Israel verskyn het. Ook het die hoëpriester op sy bors die borstas van beslissing gedra, waarin die Tummim en die Urim gehou is, wat in uitsonderlike gevalle gebruik is om die wil van God te bepaal. 

Die taak van die hoëpriester was om offers van bulle en bokke vir sy eie sonde, sowel as vir dié van die volk, te bring. Hy het voor die Here verskyn om leiding vir sekere besluite te vra. Deel van sy taak was ook die sorg van die tabernakel en sy dienswerk.

Jesus Christus – die beter Hoëpriester volgens die orde van Melgisédek (Heb 4:14-16; 5:5-10; 6:19-10:22).

Jesus is die vervulling van die volmaakte priesterskap. Melgisédek is ʼn tipe van Christus as priester-koning. Die tipe verwys streng na die priesterlike werk van Christus in sy opstanding, omdat Melgisédek ʼn voorstelling is van die herinnering aan die offer, brood en wyn (Gen 14:18). Koningskap en priesterskap het oorspronklik hand aan hand gegaan – ons sien dus die koning-priester-verband in Melgisédek en Christus.

“Na die orde van Melgisédek” (Ps 110:4; Heb 5:5-6; 6:20, en so meer) verwys na die koninklike gesag en tydlose duurte (ewigheid) van Christus as Hoëpriester (Heb 7:23-24). Die Aäronitiese priesterskap is voortdurend onderbreek deur die dood van die priester. 

Christus is priester volgens die orde van Melgisédek: as Koning van geregtigheid, Koning van Vrede (Jes 11:4-9; Heb 7:2) en ook in die eindeloosheid van sy priesterskap, terwyl die Aäronitiese priesterskap Christus se priesterlike taak tipeer.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Priesterskap

Tot hiertoe het ons die tabernakel bestudeer in verhouding tot sy struktuur en meublement (huisraadstukke) met die beklemtoning van die waarheid dat God na die mens toe gekom het. In hierdie leesplan gaan ons die priesterskap bekyk met die klem op die mens se toetrede tot die teenwoordigheid van God.

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/