Die wil van GodVoorbeeld

The Will Of God

DAG 4 VAN 13

God sal sy wil aan jou openbaar

Om gewillig te wees om aan God se plan deel te neem, moet jy weet wat dit is. Jy moet ook glo en vertrou dat Hy sy plan vir jou sal wys, as jy Hom soek. Maak nou die besluit om hierdie eenvoudige feit te glo — jou Verlosser wil hê jy moet sy wil ken, sodat jy daarin kan wandel. 

Hoe weet ek dit? 

Eerstens: Dit is God se karakter om sy wil aan jou te openbaar. As die Here wil hê dat jy op 'n sekere manier moet leef en spesifieke keuses moet maak, moet Hy die verantwoordelikheid aanvaar om jou te leer om die regte ding te doen. Hy verstaan dat die pad moeilik en ingewikkeld kan raak en so ook die keuses waarvoor jy te staan gaan kom. As 'n goeie, getroue Vader, wat vooruit kan sien, is Hy meer as gewillig om jou te help — Hy sê herhaalde kere so in sy Woord. In Psalm 32:8 verseker Hy jou: "Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou." Dis hoekom jy oor mense soos Dawid lees wat so gebid het: "Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei." (Psalm 143:10) Dawid het geweet dat dit die Here se karakter was (en nog steeds is) dat ons weet wat sy wil is, sodat ons daarin kan wandel (1 Kronieke 16:8–12). 

Tweedens: God belowe dat Hy jou sal wys wat sy wil is. Jakobus 1:5 verklaar: "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt." Spreuke 28:5 bevestig dit: "... dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles." Dis 'n feit dat jy regdeur die Bybel verskeie beloftes sal vind wat die Vader gegee het om sy planne aan jou te openbaar. 

Van hieraf aan, in jou wandel met Hom, moet jy nie twyfel nie: Jy kan absoluut seker wees dat die Here jou sy wil sal wys. As jy begin twyfel, vertrou op wat Psalm 16:11 verklaar: "U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is." 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Will Of God

God se wil vir jou lewe hoef nie 'n raaisel te bly nie. Jou hemelse Vader wil graag die planne wat Hy vir jou lewe het aan jou bekendmaak. Dit maak nie saak of jy met 'n groot lewensbesluit worstel of net probeer om elke dag 'n pad saam met die Here te stap nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan terwyl hy jou oor God se wil leer; hoe om dit te onderskei en ook hoe om binne God se wil vir jou lewe te wandel.

More

Baie dankie aan "In Touch Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://intouch.cc/yv-will vir meer inligting.