Die wil van GodVoorbeeld

The Will Of God

DAG 7 VAN 13

Kan ek seker wees?

Kan jy die wil van God vir jou lewe ken? Nadat jy hierdie leesplan gelees het, hoop ek jy sal oortuig wees dat jy kan weet wat sy wil en plan vir jou lewe is. Jy sal leer om Hom te hoor op enige plek waar jy jouself in die lewe bevind; 'n kruispad of klein besonderhede. 

Terwyl jy jou lewensreis voortsit en versekering van sy wil vir jou soek, vra jouself die volgende vrae aandagtig en in gebed:

  • Is dit in lyn met die woord van God? 
  • Is dit 'n wyse besluit? 
  • Kan ek eerlikwaar vir God vra om my die vermoë te gee om hierdie doel te bereik? 
  • Het ek werklike vrede oor hierdie pad? 
  • Is hierdie besluit toepaslik vir wie ek as 'n volgeling van Christus is? 
  • Pas dit by God se hele plan vir my lewe? 
  • Sal hierdie besluit God eer? 

As jy "ja" kan antwoord op hierdie sewe vrae, sal jy weet dat jy God se wil bevestig het. Indien jy hierdie sewe vrae nie dadelik kan antwoord nie, moenie gefrustreerd raak nie. Jy moet dalk herhaalde kere deur hierdie vrae werk voor jy God se wil ken. Mettertyd sal die Vader dit egter baie duidelik maak, of jy op die regte pad is en of jy aanpassings moet maak. Soos wat ek al voorheen in hierdie leesplan gesê het: jy kan God altyd vertrou om met jou te praat. 

Onthou ook net dat die Here omgee vir die keuses wat jy oorweeg, maar sy groter doel is dat jy 'n dieper verhouding met Hom sal hê. Hy wil nie net jou vrae beantwoord nie — Hy wil hê dat jy 'n gewoonte kweek om Hom altyd in elke aspek van jou lewe toe te laat. Hy begeer dat jy voortdurend bewus sal wees van sy doel vir jou, die maniere waarop Hy met jou praat, wat sy wil verhinder en hoe jy sekerheid kan kry oor sy pad vir jou lewe. 

Wy jou dus daaraan toe om God se wil te doen — nie net met jou huidige besluite nie, maar vir jou hele lewe. Verwys dikwels terug na die maniere waarop jy sy wil kan ontdek (dag 5) en maak dit 'n daaglikse deel van jou lewe. Van tyd tot tyd kan jy jouself ondersoek om te sien of daar enige hindernisse is wat jou verhouding met Hom kan benadeel (dag 6). Gaan so dikwels as wat dit nodig is weer deur die sewe vrae (dag 7) en onthou dat jy die almagtige God by jou het om presies vir jou te wys wat Hy wil hê jy moet doen. 

En laastens: wees altyd gewillig om te doen wat jou hemelse Vader ook al van jou vra — ongeag hoe groot of klein, prakties of onredelik, maklik of moeilik, gewild of ongewild en hoe bevredigend dit is of hoe baie dit jou kos. 

Sê altyd "ja" vir Hom. 

Selfs al wil jy nie, of jy's bang, of verstaan nie sy aanwysings nie, of dis pynlik — onthou dat Jesus die een is wat jou red, jou sondes vergewe, jou heilig maak, vir jou voorsien, jou beskerm, jou 'n tuiste in die hemel gee en jou onvoorwaardelik en ewig lief het. 

Laat jou Verlosser toe om vir jou die oorvloedige seëninge en volkome vreugde te gee wat Hy vir jou beplan het. Sê "ja" vir sy wil, want as jy dit doen, sal jy die lewe ten volle ervaar en ewige belonings kry wat nie gemeet kan word nie.

Klik hier om meer uit te vind oor hoe jy werklik die wil van God en sy uiteindelike plan vir jou lewe kan leer ken.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

The Will Of God

God se wil vir jou lewe hoef nie 'n raaisel te bly nie. Jou hemelse Vader wil graag die planne wat Hy vir jou lewe het aan jou bekendmaak. Dit maak nie saak of jy met 'n groot lewensbesluit worstel of net probeer om elke dag 'n pad saam met die Here te stap nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan terwyl hy jou oor God se wil leer; hoe om dit te onderskei en ook hoe om binne God se wil vir jou lewe te wandel.

More

Baie dankie aan "In Touch Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://intouch.cc/yv-will vir meer inligting.