Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 10 VAN 25

'n Nuwe Naam

Teen die einde van Johannes 1, sien ons hoe Jesus sy dissipels begin roep. Die eerste was Andreas, 'n ou waaroor ons gister gepraat het, wat ook sy broer Simon na Jesus toe gebring het. In vers 42 kyk Jesus een keer stip na Simon en verander sy naam. 

Jesus noem Simon, "Sefas," wat Aramees is vir klip of rots. In Grieks word Sefas as Petrus vertaal. 

Wat was so spesiaal aan Petrus dat Jesus sy naam verander het? 

In Lukas 5:10 kry ons 'n blik op Petrus se beroep as visserman. Op grond van 1 Korintiërs 9:5, sien ons hy was ook 'n gesinsman. 

Handelinge 4:13 verwys na Petrus as een van dié wat "ongeleerde en eenvoudige" mense was, maar iemand wat verstommende wonderwerke gedoen het. Wat Petrus en Johannes van ander onderskei het, is dat hulle daagliks by Jesus was. 

Doodgewoon is beslis 'n manier om Petrus te beskryf, maar Jesus het iets baie ver van doodgewoon in hom gesien — selfs nadat Petrus foute gemaak het. In Johannes 18:10 kry Petrus se woede die oorhand en kap hy ’n dienskneg se oor af. In Matteus 26:70-74 ontken hy drie keer dat hy Jesus ken. Uiterlik lyk dit of Petrus die soort ou is wie se emosies hom tot uiterstes dryf — die een oomblik is hy lojaal, en die volgende is hy oorval van woede en skuldgevoelens. 

Jesus sien egter veel verder as dit alles. Hy sien 'n sterk, standvastige en getroue man wat Hy kan vertrou om sy kerk te lei. Jesus bevestig dit deur hom die rots te noem waarop die kerk gebou sal word (Matteus 16:18-19). As ons vinnig vorentoe na Handelinge 2:14 beweeg, sien ons hoe Petrus in een boodskap wat hy lewer, 3 000 mense lei om na Christus te kom.

Jesus sien dikwels iets in ons wat ons nie eens in onsself kan sien nie. Jy sien dalk jou verlede, jou familie en vriende sien jou soos jy nou is, maar God sien waarvoor Hy jou ontwerp het – wie Hy beplan het dat jy moet wees. 

Nadenke: 

Het jy al ooit gewonder wat God in jou sien? 

As Jesus vir jou 'n nuwe naam sou gee, wat kan dit wees? 

Gebed: 

Genadige God, dankie vir wie U is. Dankie dat U iets in my sien wat ek nie eens in myself kan sien nie. Help my om myself te definieer deur wie U sê ek is, nie deur wie ek dink ek is, of wie ander sê ek is nie. 

*Leer meer oor wie God sê jy is deur te leer wie Jesus is. Hou vandag by jou Jesus Is … joernaal en dink na oor wat jy tot dusver geleer het. 

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/