Woorde Maak SaakVoorbeeld
Lees: Romeine 8:1, Romeine 8:28, 1 Korintiërs 13:4-7, Hebreërs 10:22
SOAP: Romeine 8:1
Die Merriam-Webster woordeboek definieer "veroordeling" as "om op 'n sterk en definitiewe manier te sê dat iemand of iets sleg of verkeerd is." Ons hoor elke dag woorde van veroordeling, nê?
"Jy moes dit nie gedoen / gesê / gedink het nie."
"Dis so verkeerd."
"Jy kan niks reg doen nie"
Soms hou hierdie stemme nooit op nie.
Veroordeling kom nie van God nie, maar van die duiwel. Romeine 8:1 sê: "Daar is dus nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie." As 'n kind van God is daar geen veroordeling vir jou nie. Dis waaroor Christenskap gaan. Jy is vry van skuld, vry van skaamte, vry van vrees, vry van pyn, vry van mislukking.
Die duiwel sal probeer om jou alles te vertel wat jy verkeerd doen. En as jy nie versigtig is nie, sal jy uiteindelik sy bedrieglike woorde glo. Onthou vandag dat jy vry is. Dat daar geen veroordeling vir jou as God se kind is nie. Moenie die veroordelende woorde uitspreek wat deur die vyand van jou siel aan jou gefluister word nie. Moenie die duiwel toelaat om gedagtes te plant wat jou kan ontmoedig nie. Hy sal dit nie doen as jy hom nie toelaat nie.
Hemelse Vader, ek dank U vir die vryheid wat ek in U het. Dankie dat daar geen veroordeling vir u kinders is nie. Help my om op 'n liefdevolle manier met myself te praat. In Jesus se naam, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com