Woorde Maak SaakVoorbeeld
Lees: Spreuke 11:17, Spreuke 12:25, Matteus 22:39
SOAP: Matteus 22:39
Wees lief vir jou medemens soos jy jouself liefhet. Dit is die goue reël wat ons by Sondagskool leer en onderrig. Hierdie is een van die beginsels van ons Christelike geloof: ons is lief vir ons naaste op dieselfde manier as wat ons onsself liefhet.
Baie van ons het egter hier 'n probleem. Ons wil God liefhê en ander liefhê ... maar ons het nie 'n manier gevind om onsself lief te hê nie. Miskien gee die refleksie in die spieël jou 'n weergawe van jouself wat jy nie van hou nie. Miskien is daar iets in jou lewe wat jy weet verkeerd is en dit lei jou om te dink dat niemand jou kan liefhê nie (insluitend jouself). Miskien hou jy nie van die manier waarop jy praat as woede beheer oor jou tong neem nie.
Wat ook al die rede is, om ander goed lief te hê, moet jy leer om jouself lief te hê. En soms is dit die moeilikste ding om te doen. Liewe vriendin, begin om te glo dat jy geliefd is, dat daar vir jou omgegee word en dat jy gekoester word. Spreek hierdie waarhede vir jouself, wees lief vir jouself en wees dan op dieselfde manier lief vir ander.
Hemelse Vader, ek kom met 'n swaar hart na U toe. Ek bely dat daar verskeie kere was wat ek myself nie liefgehad het nie en ek U liefde vir my betwyfel het. Help my asseblief om myself lief te hê. In Jesus se naam, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com