Woorde Maak SaakVoorbeeld
Lees: Psalm 36:8-11, Psalm 139:14, Jesaja 43:4, Jeremia 29:11, Lukas 12:6-7, Romeine 8:16
SOAP: Jesaja 43:4
Laat ons die week afsluit met 'n paar wonderlike dinge wat God oor jou te sê het! As jy die verse van vandag lees, sal jy besef (as dit nog nie die geval is nie) dat jy kosbaar is in die oë van jou Vader. Kosbaar. Jy word geëer en Hy het jou lief. Jy is wonderlik gemaak. Jy is waardevol.
God het die tyd geneem om elkeen van ons spesiaal te maak, ons unieke talente te gee en individuele planne en projekte vir ons lewens voor te berei. Kan jy sien hoe waardevol jy vir God is? Hy het jou lief met ewige liefde!
Wanneer jy voel dat jy geen waarde het nie, as jy dink dat jy nie goed genoeg is nie, of as jy jouself vertel dat ander mense beter is as jy, kom terug na hierdie verse en lees telkens weer wat God van jou dink en die mooi woorde wat Hy vir jou te sê het.
O Vader, ek het U lief. Ek is in verwondering as ek sien hoe U my liefhet. Help my om te onthou dat ek in u oë baie waarde het. In Jesus se naam, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com