'n 7-dag Gids oor GebedVoorbeeld

A 7-Day Guide To Prayer

DAG 7 VAN 7

p>Werk gebed enigsins? 

Gebed - hoewel dit dikwels dreinerend is, selfs 'n foltering - is dit op die langtermyn die grootste bron van krag wat moontlik is. - Timothy Keller

Mense sê dikwels: “God het nie my gebed beantwoord nie.” God beantwoord inderdaad elke gebed wat ons bid. Soms sê Hy "Ja," soms sê Hy "Nee" en ander kere sê Hy "Wag." Maar wanneer ons gebede nie beantwoord word volgens ons begeertes nie, neem ons aan dat “Hy nie ons gebed beantwoord nie.” 

Hierdie denkpatroon is geneig om baie selfsugtig te wees, en tog, as ons almal eerlik is, het ons hierdie gedagte waarskynlik op 'n sekere punt in ons lewens gekoester. Ons het die Here gevra om hierdie goeie ding vir ons te doen. Toe dit nie gebeur nie, het dit ons met 'n gebroke hart gelaat, omdat ons God vertrou het. En dit is eenvoudig moeilik om te aanvaar.

Maar ons kan nie toelaat dat ons mismoedigheid met ons onvervulde planne ons laat twyfel aan die God wat die wêreld geskep het nie. As ons by 'n plek kom waar ons glo dat God ons beste belange op die hart dra, is daar vrede wat volg. Dikwels sê Hy “nee” om ons te beskerm. 

As ons nie die antwoord van God kry wat ons verlang nie, moet ons eerste reaksie nie wees "Waarom het U dit laat gebeur?" nie, maar vra eerder "Hoe gaan U dit gebruik? ” Kom ons verander ons “ waarom ” na “ hoe." Ons sal beslis van binne-af verander indien ons ons siening van God as gemeen en terughoudend verander na 'n siening dat God ie beste vir ons wil hê.

Werk gebed dus enigsins? 

Wel, as ons definisie van gebed is dat ons 'n gebed bid en vra dat God aan ons iets sal gee waarvoor ons vra en dan doen Hy dit nie, ja, dan werk gebed nie. Maar as ons insien dat gebed 'n aanhoudende tweerigtinggesprek met God is waar ons groei in intimiteit met Hom, dan werk gebed wel. Dit hang alles af van ons definisie.

Terwyl ons die einde van hierdie leesplan bereik, mag ons nader aan God wees as tevore. Iemand het eenkeer gesê: "As die lewe moeilik is, bid. As die lewe goed is, bid.” En ons moet onthou dat die doel van gebed nie is om ekstra geestelik te klink in 'n gebedsbyeenkoms of om elke materiële besitting te verkry wat ons wil hê nie. Die doel is 'n intieme verhouding met God. 

Laat ons dus aanhou bid—op die goeie dae, op die slegte dae, op die wonderlike dae en op die swaarmoedige dae. Want Hy is altyd daar; nader aan ons as ons asem. 

Oordink

  • Het jy al ooit gesê: "God het nie my gebed beantwoord nie." Deel die ervaring
  • .
  • Spandeer tyd om God te vra om sy waarheid aan jou te openbaar rakende daardie ervaring.
  • Skryf enige openbaring neer wat God aan jou openbaar deur vandag se leesplan of oordenking.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

A 7-Day Guide To Prayer

Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat gebed behels en hoe ons sekere aksies 'n deel van ons dag kan maak, wat ons sal help om 'n deurlopende gesprek met God te hê vir die res van ons lewens.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.