'n 7-dag Gids oor GebedVoorbeeld

A 7-Day Guide To Prayer

DAG 2 VAN 7

Bid soos Jesus.

Om te bid is die belangrikste gesprek van jou dag. Neem dit na God voordat jy dit na iemand anders neem. - Anoniem

Is dit regtig so belangrik dat ons daagliks tyd in gebed met God deurbring? Nouja, in dag een het ons geleer dat gebed bloot 'n twee-rigting gesprek is wat ons met God voer om te kan groei. Dit kom daarop neer om, onder andere, tyd te wy aan gesels, luister, vrae vra en om Hom te dank. Om te bid of 'n deurlopende gesprek met God te hê, is noodsaaklik om as Christus se volgelinge te groei. 

Het jy geweet dat Jesus baie tyd daaraan gewy het om tot God te bid? Die Bybel sê dat Hy dikwels weggegaan het om alleen te bid. In die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes, lees ons dat Hy ten minste meer as vier en twintig keer gebid het! Hy het gebid... 

  • ...toe Hy alleen was en toe Hy saam met ander was. 
  • ...voordat hy iemand genees het en nadat hy iemand genees het. 
  • ...voor etes en voor belangrike besluite. 
  • ... soggens en saans.
  • ..nadat Hy aan die kruis vasgespyker was en terwyl Hy aan die kruis gesterf het.

Wat Jesus se gebede vir ons sê is dat Hy vir alles op sy Vader staatgemaak het, en Hy was die Verlosser van die wêreld! As Hy tyd saam met God nodig gehad het in gebed, het ons verseker ook. Hoekom? Omdat ons in 'n wêreld lewe wat ons voortdurend voor nuwe dinge te staan laat kom en smeek om ons aandag daarvan af te lei om met God te wandel. Gebed stel ons in staat om ons met God te vereenselwig en deur Hom gelei te word. Gedurende hierdie gebedstye, het Jesus nader aan sy hemelse Vader gekom. Sy gebedstye wys hoe desperaat Hy sy hemelse Vader nodig gehad het. 

Wat kan ons by Jesus leer oor gebed? Bid in elke situasie en bid oor elke situasie. 

Gaan eenvoudig met alles na God toe. 

Meningsverskille in verhoudings? Praat met God. 

Finansiële rampe? Praat met God. 

Geestes probleme? Praat met God.

Fisiese verleenthede? Praat met God.

Loopbaanuitdagings? Praat met God.

Emosionele krisisse? Praat met God. 

Wat ook al die situasie of probleem is, praat met Hom. Dit is wat Jesus gedoen het. Dit kanselleer nie die daaropvolgende stappe wat jy sal neem vir die rol wat jy sal speel in hierdie oop, gebedsverhouding wat jy met God het nie. Dit beteken net dat ons eers na Hom toe gaan.

Ons moet nie deur gebed geïntimideer word nie. Ons hoef nie te wonder of ons dit “op die regte manier” doen en of ons “die regte ding” sê nie. God wil net hê dat ons in 'n intieme verhouding met Hom sal wees, en Hy weet dat ons daaglikse deurlopende gesprek met Hom die beste plan is. 

Soos ons deur die res van hierdie leesplan werk, moet ons nadink oor hoe gebed in ons lewens, as volgelinge van Christus, lyk. 

Oordink

  • Wanneer is dit vir jou maklik om te bid? Wanneer is dit moeilik?
  • Skryf enige openbaring neer wat God vandag vir jou gee deur middel van die Bybelleesplan of oordenking.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

A 7-Day Guide To Prayer

Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat gebed behels en hoe ons sekere aksies 'n deel van ons dag kan maak, wat ons sal help om 'n deurlopende gesprek met God te hê vir die res van ons lewens.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.