'n Sewe-dag Gids oor GebedVoorbeeld

A 7-Day Guide To Prayer

DAG 5 VAN 7

Bly dankbaar

Om te leer bid, bied ons nie 'n minder besige lewe nie; dit bied ons 'n minder besige hart. — Paul E. Miller

Ons het gehoor dat gelukkige mense nie altyd dankbaar is nie, maar dankbare mense is byna altyd gelukkig. Kom ons dink daaraan. Van al die dankbare mense wat ons ken, hoeveel van hulle voel ellendig? Niemand.

Hoe bly ons dankbaar gedurende die besige lewens wat ons lei? Deur doelbewus op te tree. Die bevredigendste dinge in ons lewens verg baie beplanning. Om elke dag 'n dankbare gesindheid te behou, is 'n doelbewuste besluit. 

Een van die beste maniere vir ons harte om 'n dankbare gesindheid te behou, is om ons seëninge te tel. Dis reg. Begin om hulle letterlik op te noem. Om eenvoudig net ons seëninge te tel, sal lei tot 'n veranderde houding. Begin 'n lys op jou toestel, skryf dit op kleefnotas neer of stel 'n alarm op jou foon om jou te herinner om vyf dinge op te noem waaroor jy dankbaar is. 

Hier is 'n paar voorstelle wat ons sal help om doelbewus 'n dankbare hart te kweek:

Stop en kyk om jou rond. 
Ons God is 'n ongelooflike Skepper. Alles wat ons in die natuur sien, is sy handewerk. Hoeveel keer was ons sprakeloos tydens 'n sonsopkoms? Wanneer daardie oomblikke aanbreek, sê net: "Dankie, hemelse Vader!" 

Verander jou frons na 'n glimlag.
As dinge nie verloop soos wat ons dit beplan het nie, laat ons in plaas daarvan om te konsentreer op dit wat ons nie het nie, eerder fokus op wat ons wel het. Dit is in orde om die pyn van teleurstelling te voel, maar laat ons nie daarby vassteek nie. Laat ons ons dankbaarheid teenoor God uitspreek vir dit wat ons wel het.

Moenie ophou glo nie. 
Miskien is die beste manier vir ons as Christene om ons dankbaarheid te betoon, deur te onthou wat namens ons gedoen is. Jesus het sy plek langs sy Vader in die hemel verlaat om tot ons redding te kom. As gevolg van sy volmaakte, onselfsugtige daad hoef ons nie die ewigheid te vrees nie. As ons dit regtig laat insink, sal ons harte dankbaar wees. 

Laat ons dus dankbaar wees in alles en " ... in alle omstandighede ..." (1 Tessalonisense 5:18). Vir die brood in ons spens, die vol tenk brandstof in ons motor en die geliefdes wat ons kan geniet. Mag ons egter nooit die Een vergeet nie wat elke stukkie van sy krag en gesag neergelê het om na 'n gebroke aarde te kom, sodat ons vir ewig by Hom kan lewe. As ons elke dag wakker word met daardie visie in ons gedagtes, sal die eerste woorde oor ons lippe net “Dankie” wees. Eerlikwaar, al is dit al wat ons ooit doen, is dit 'n wonderlike ding.

Nadenke

  • Op watter terreine van jou lewe vind jy dit maklik om dankbaar te wees? 
  • Begin die volgende sewe dae deur God te dank vir die seëninge in jou lewe. Maak daagliks 'n lys.
  • Skryf enige openbaring neer wat God aan jou deur vandag se Skrifgedeeltes of oordenking bekendmaak.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

A 7-Day Guide To Prayer

Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee wat dit behels. Heel moontlik het jy al vorige ondervinding van gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat gebed behels en hoe ons sekere aksies 'n deel van ons dag kan maak, wat ons sal help om 'n deurlopende gesprek met God te hê — vir die res van ons lewens.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.