Skutrelings: Hoe Om Spyt In Jou Lewe Te VermyVoorbeeld
Ons almal het vroeg geleer hoe om van ons gedrag bewus te bly, of dit te verander wanneer ons by die huis of werk is, as deel van 'n groep vriende of in ons gesin. Byvoorbeeld: Sit regop. Sê asseblief. Trek dit aan. Doen dat.
Ons sê of doen af en toe nog steeds dinge wat net nie sin maak nie. Dit is asof iets uit ons sommer net oorloop — miskien 'n uitbarsting van woede of 'n bitter opmerking. Ons mag dalk selfs later sê: "Ek weet nie waar dit vandaan gekom het nie!"
Ons weet egter wel, as ons eerlik en dapper genoeg is om dit te erken. Dit kom van binne. Beide Jesus en koning Salomo sê dat die probleem lê by wat in ons harte is.
Ons het skutrelings vir ons harte nodig. Uiteindelik sal ons gedrag dit (na buite) weerspieël wat binne-in ons aangaan.
Daar is vier emosies wat ons gewete behoort aan te kla. Dit behoort ons tot stilstand te bring en na binne te laat kyk om te sien wat in ons harte aangaan. Dit is skuldgevoel, woede, gierigheid en jaloesie.
Skuldgevoel sê: "Ek skuld jou." Ek skuld jou iets, want ek het iets van jou weggeneem. Belydenis is hoe om op 'n skuldgevoel te reageer. Bely teenoor die persoon; bring dit aan die lig.
Woede sê: "Jy skuld my." Jy het my seergemaak of het iets van my weggeneem. Vergifnis is hoe om op woede te reageer. Vergewe die persoon wat jou iets skuld. Stel die persoon vry.
Gierigheid sê: "Ek skuld myself." Gierigheid is die aanname dat alles net vir my verbruik bestaan. Om te gee is hoe om op gierigheid te reageer. Word 'n blymoedige gewer. Sonder enige verwagtinge. Sonder om telling te hou.
Jaloesie sê: "Die lewe skuld my." Iemand anders het ontvang wat ek verdien. Om saam met die ander persoon bly te wees, is hoe om op jaloesie te reageer. Stuur 'n nota van gelukwensing. Komplimenteer die persoon juis op dit waaroor jy jaloers is.
Wanneer ons ons in hierdie emosionele skutrelings vasloop, moet ons daarop ag slaan. Hulle waarsku ons teen gevaar. Ignoreer die waarskuwing en jy sal later spyt wees.
Indien jy hierdie leesplan geniet het, kyk gerus ook na Andy Stanley se vyf videoboodskappe oor Skutrelings. asook talle ander gratis Bybelstudievideo's by http://anthology.study.
Aangaande hierdie leesplan
Skutrelings word opgerig om te voorkom dat ons voertuie in gevaarlike of verbode gebiede ry. Dikwels sien ons hulle nie totdat ons hulle nodig het — en dan is ons dankbaar dat hulle daar is. Wat as ons skutrelings in ons verhoudings, finansies en loopbane gehad het? Hoe sou hulle lyk? Hoe kan hulle ons teen toekomstige berou beskerm? Oor die volgende vyf dae gaan ons kyk hoe jy persoonlike skutrelings kan opstel.
More