Skutrelings: Hoe Om Spyt In Jou Lewe Te VermyVoorbeeld

Guardrails: Avoiding Regrets In Your Life

DAG 2 VAN 5

Dit waaroor ons die meeste spyt is, is gewoonlik gekoppel aan mense wat ons as vriende beskou het. Joune is dalk gekoppel aan 'n kollega, 'n klasmaat, of 'n gewese kêrel. Miskien is dit 'n groep vriende wat, as jy nou terugkyk, jy wens jy liewer nooit ontmoet het nie. Selfs al was jy alleen, is dit moontlik dat dit waaroor jy die meeste spyt is, op een of ander manier uit 'n verhouding voortspruit. 

Sulke rampspoedige vriendskappe het ons geleer (dikwels op die harde manier) dat ons toekoms beïnvloed word deur die mense by wie ons ons tyd deurbring. Dit is waarom ons skutrelings in ons verhoudings nodig het. 

Salomo, een van die wysste manne wat ooit geleef het, het geskryf: "Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid ..." (Spreuke 13: 20). Met ander woorde, wysheid is aansteeklik. Leef saam met die wyse en jy sal mettertyd wys word. Dit gebeur outomaties.

Die vers het ook 'n tweede gedeelte: "... wie hom met dwase ophou, word self sleg." Wanneer jy dikwels met 'n dwase tyd deurbring, word jy vasgevang in die gevolge van hul slegte besluite. Jy word deur die skrapnel getref. Jou reputasie word verwoes soos syne. Jy word afgedank soos sy. Jy word ook nie volgende keer uitgenooi nie. 

Skutrelings ten opsigte van verhoudings help ons om 'n "dwase stryery" te vermy. 

Terwyl jy dus oor jou vriendskappe besin, neem die volgende drie skutrelings in ag. Wanneer een hiervan gebeur, laat dit jou gewete aanwakker voordat jy skade ly.

1. Jy kom agter dat jy voorgee om iemand anders te wees as wie jy regtig is.

2. Jy begin iets oorweeg wat nooit voorheen 'n versoeking was nie. 

3. Jy hoop die mense vir wie jy omgee, weet nie waarheen jy oral gaan nie.

Onthou, skutrelings is nie bedoel om iets (of iemand) reg of verkeerd te verklaar nie. Die doel is om jou terug na wysheid te lei. Lei enige van jou vriendskappe jou dus in die rigting van 'n gevaarsone? Teen watter skutrelings bots jy en wat gaan jy daaromtrent doen?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Guardrails: Avoiding Regrets In Your Life

Skutrelings word opgerig om te voorkom dat ons voertuie in gevaarlike of verbode gebiede ry. Dikwels sien ons hulle nie totdat ons hulle nodig het — en dan is ons dankbaar dat hulle daar is. Wat as ons skutrelings in ons verhoudings, finansies en loopbane gehad het? Hoe sou hulle lyk? Hoe kan hulle ons teen toekomstige berou beskerm? Oor die volgende vyf dae gaan ons kyk hoe jy persoonlike skutrelings kan opstel.

More

Ons wil graag vir North Point Ministries en Andy Stanley bedank wat hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.anthology.study/anthology-app