StormbestandVoorbeeld
Noag het net 10 geslagte later as Adam en Eva geleef. God het afgekyk na die mense wat Hy gemaak het en moes die feit aanvaar dat net een mens, Noag, 'n regverdige lewe geleef het. Die wêreld in Noag se tyd was vol mense wat God geïgnoreer, bespot en geweier het om in 'n verhouding met Hom te leef.
Elke persoon wat in Noag se geslag geleef het, kon en moes dieselfde keuses as hy maak, maar die hartseer waarheid is dat niemand anders dit gedoen het nie. Niemand behalwe Noag en sy gesin het die wonderlike manier van lewe gekies wat God die Skepper tot hulle beskikking gestel het nie.
Ek kan jou verseker dat, as jy in Christus se geregtigheid bly leef, sal jou hemelse Vader dieselfde vir jou in jou storm doen as wat Hy vir Noag gedoen het. Hy sal vir jou 'n spesifieke plan gee van hoe jy in 'n veilig plek tydens jou storm kan lewe. Hy sal jou skuiling wees in daardie storm.
Ek word bemoedig deur die lewe van Noag, om met God te wandel nog voor die storm my lewe tref; ek word geleer dat daar beskerming is vir die mense wat Hom heelhartig liefhet en gehoorsaam. Alhoewel Noag se verhaal in baie opsigte 'n menslike tragedie is, vind ek die woord "hoop" in al die Bybelverse. Ek hoor hoe die Heilige Gees my aanpor om voluit vir Christus en sy koninkryk te leef!
God het vir Noag gevra om 'n massiewe boot in die middel van die woestyn te bou, wat 120 jaar sou vat om te voltooi — wat het God jou onlangs gevra om te doen? Geloof is nie ter sprake net wanneer ons verstaan wat dit is wat God ons vra om vir Hom te doen nie; ons moet Hom ook gehoorsaam en vertrou wanneer dit nie vir ons logies sin maak nie — dit sluit ook sy opdragte rakende naderende storms in!
Noag en sy gesin het gekies om die spottery van die mense te ignoreer en die Here nederig en getrou te gehoorsaam. Hulle seëninge was ontsagwekkend.
Aangaande hierdie leesplan
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!
More