JosuaVoorbeeld

Josua

DAG 7 VAN 43

Josua 4:1-7; Psalm 78:2-4; Psalm 44:2

SOAP: Josua 4:6-7; Psalm 44:2

Vir verdere nalees: Josua 4:8-14

Ek is ‘n ma van drie kinders. So wanneer ek aan die uitdrukking “om die geheue van ‘n goudvis te hê” dink, gaan my gedagtes onmiddelik na die film “Finding Nemo”. Nemo se vriendin, Dory, vergeet onmiddelik alles wat sy gesê het. Sy ly aan korttermyn-geheueverlies. En ons ook.

Ons geheue is verseker langer as drie sekondes. Maar kom ons wees eerlik. Ons vergeet baie maklik en is geneig om baie gou die dinge wat God vir ons gedoen het, te laat gaan. 

Josua wou nie hê dat die mense moes vergeet wat God vir hulle gedoen het nie: Hy het die Jordaan oopgekloof soos Hy die Rooisee veertig jaar gelede ook oopgemaak het! Wanneer ek hierdie lees, wonder ek hoe iemand so iets ooit kan vergeet? God het ook groot dinge in my eie lewe gedoen. Maar, wanneer ek twyfel of worstel oor iets in my lewe, vergeet ek vinnig hiervan, in plaas daarvan om vas te hou aan die dinge wat God reeds vir my gedoen het.

Die klippe wat die twaalf manne gedra het, was ‘n herinnering vir hulle en vir hulle kinders. Laat jy enige herinneringe vir die volgende generasie? Is jy bewus van die wonders van God? Onthou jy dit en vertel jy dit aan jou kinders en kleinkinders, sodat hulle kan weet hoe groot ons God is? Dit is nooit te laat om te begin deel wat God in ons lewens vir ons gedoen het nie.

Hemelse Vader, ek loof U vir die baie dinge wat U in my lewe gedoen het. Ek dank U vir al die oomblikke wat U my gehelp het en omgegee het vir my. Ek wil al daardie oomblikke koester en dit nie slegs in my gedagtes hou nie. Ek wil dit deel met die volgende generasie.

In Jesus se naam.

Amen. 

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Josua

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com