JosuaVoorbeeld

Josua

DAG 4 VAN 43

Lees: Josua 2:1-7, Hebreërs 11:31

SOAP: Hebreërs 11:31

Vir verdere nalees: Josua 2:8-14  

Ek hou van die verhaal van Ragab! Sy was ‘n prostituut, ‘n vrou met wie nie baie mense geassosieer sou wou word nie. En tog, sy is nie net geprys vir haar geloof nie, sy is ook in die geslagsregister van Jesus, die Messias, opgeteken (Matteus 1:5).

Toe die twee verkenners in Jerigo aangekom het, het hulle beslis nie verwag om by iemand soos Ragab hulp te kry nie – ‘n vrou, ‘n heiden en ‘n prostituut. Maar vandag se Bybelverse wys vir ons dat geloof vir almal beskore is. Die goeie nuus van genade en vergifnis is vir almal, selfs vir die wat, in ons oë, “groot” sondes doen. Ons is geneig om te vergeet dat “hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword (Romeine 5:20). Ragab se verhaal herinner ons aan daardie waarheid.

Ragab het aan die verkenners vertel dat sy van hulle God gehoor het. Sy het haar geloof in die ware God geplaas en dit was haar geloof wat haar gered het. My vraag vandag aan jou is: Hoor ander mense van God by jou? Is jou lewe ‘n getuienis van die genade en vergifnis wat Jesus aan almal bied?

Liewe Vader, help my om die Evangelie te leef. Help my asseblief om ‘n lewende bewys te wees van u liefde, u guns en u genade.

In Jesus se naam.

Amen. 

  

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Josua

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com