JosuaVoorbeeld
Lees: Josua 1:5-9
SOAP: Josua 1:8
Vir verdere nalees: Josua 1:10-18
Ek hou van hoe die boek Josua tot die kern van die saak deurdring. God gee vir Josua ‘n baie duidelike opdrag – “Steek die Jordaan oor en neem die land in besit wat ek reeds aan jou gegee het.” God het geweet dit gaan nie ‘n maklike taak wees nie, daarom gee Hy vir hulle ‘n paar opdragte. Die eerste opdrag aan Josua is om sterk en vasberade te wees. Hierdie opdrag is gebaseer op ‘n belofte wat God maak; dat Hy met hulle sal wees en hulle nie in die steek sal laat nie.
Die tweede opdrag was om getrou te bly aan God se wet. Josua moes baie gesteld wees daarop om alles te doen volgens die Woord van God. Dit was asof God hom herinner het: Daardie ekstra agt-en-dertig jaar in die woestyn? As julle My maar net gehoorsaam het!” God wil nie hê dat Josua dieselfde foute moet maak as Moses nie, daarom gee Hy vir hom die sleutel tot sukses. “Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag.” As Josua ‘n goeie leier, bevelvoerder en dienskneg wou wees, moes hy elke dag in die Woord van God leef. God het hom herinner waar hy sy krag, moed en wysheid vandaan sou kry: die Woord van God.
Ons vind God se beloftes in die Bybel en kry moed vir elke dag. Dit is in die Bybel waar ons goddelike riglyne kry om ‘n lewe te lei waarin ons God kan behaag en vreugde, vrede en tevredenheid kan beleef. Hoekom dink ons dat ons ‘n goeie lewe kan lei sonder om daagliks in God se Woord te leef? Ons verbind onsself dikwels vir ‘n paar dae of weke voordat ons besige skedule weer die oorhand kry en ons nie meer tyd kan inruim om God se Waarheid te lees en daaroor na te dink nie. Terwyl ons vandag begin met ons studie oor die boek van Josua, wil ek jou aanmoedig om jou aan die hele studie te verbind. Jy mag dit dalk moeilik vind as jy nie gewoond is daaraan om die Bybel elke dag te lees nie, maar dieselfde God wat vir Josua gesê het dat Hy sy pad voorspoedig sal maak indien hy in sy Woord bly, beloof dieselfde ook aan jou. Wees sterk en vasberade, liewe vriendin!
Hemelse Vader, ek wil sterk en vasberade wees om elke situasie in my lewe te kan trotseer. Help my asseblief om daagliks in u Woord te bly. Help my om konsekwent u Woord te lees en in my hart te bewaar.
In Jesus se naam.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com