Oorkom Die Monster Van VerdrietVoorbeeld
Jou Verlies is Werklik
Dit is reg om te vra: “Waarom?” Soms sukkel selfs die mees gesoute Christen met twyfel en vrae. Tomas het, voordat Hy die opgestane Jesus gesien het. Die waarheid is, God dink nie soos ons nie. Hy sien die groot prentjie en werk na 'n spesifieke einde. Wanneer jy twyfel en God bevraagteken, bid: “Here, om te glo is nie maklik wanneer ek seergemaak en verward is, en U is stil nie. Soos Tomas, wil ek bewys hê dat U my liefhet. Help my om verder te sien as my begeerte na vrede en vertroosting, verby my twyfel en onbeantwoorde vrae, en om die waarheid van u onfeilbare liefde en genade te begryp.”
Raak ernstig met God. Onder druk kan die oplewing van negatiewe emosies oorweldigend wees; tensy jy jou siel voor God oopvlek, sal jy teenoor die verkeerde mense uitbars.
Die Psalmis spreek dit aan en sê: “… stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug” (Psalm 62:9). Dit is geen blote toeval dat baie van die Psalms begin met die psalmis wat tot God om hulp roep nie, en jubelend eindig omdat hy sy opgekropte frustrasies uitgespreek het.
Laastens, as jy te veel alleen is, verloor jy perspektief. Sodra die vyand jou kan isoleer, kan hy jou beïnvloed. Maak seker dat jy jouself omring met mense wat die moeilike vrae sal vra, en daar sal wees om te luister sonder enige voorbehoud. Hierdie mense sal jou gegrond hou, en jou perspektief gee, wanneer dit voel asof die pyn te veel raak om te dra.
Aangaande hierdie leesplan
Verdriet is 'n werklikheid — en dit maak seer. Dit is nie iets wat jy kan ignoreer, begrawe onder die eise van die daaglikse lewe, of oornag weg wens nie. Jy moet daardeur werk. Wees verseker, jy kan jou verdriet oorkom. God verwag nie van jou om alleen daardeur te gaan nie — Hy belowe om elke tree van die pad saam met jou te wees.
More