Versekering: deur Myself of God? Deur Robin MeadowsVoorbeeld

Affirmation: Self Or God? By Robin Meadows

DAG 5 VAN 6

SELFVERSEKERING:

“Om na ander om te sien, moet ek eers na myself omsien.”

Dit is 'n moeilike stelling om te maak, want dit klink so reg. Ondersteun die Skrif dit werklik?

Hierdie ingesteldheid kom neer op die houding van jou hart. Is ons eenvoudig meer gefokus op onsself of op ander? 

So baie van Jesus se woorde gaan oor gee, opoffering en om jou eie begeertes te onderdruk ten gunste van ander. Paulus verwys daarna dat ons ander hoër moet ag as onsself. Vir Jesus was alle gedagtes aan Homself nooit ter sprake nie. 

“... maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word” Filippense ‭2:7.‬‬

God se liefde gaan oor selfopoffering. Altyd gee. Altyd.   

Ek weet. Dit klink nie na pret nie. Dit druis teen ons menslike natuur in.

“Wat van wanneer ons gedreineer voel, ons tenk leeg is en wanneer ons niks meer het om te gee nie?” vra jy dalk. 

Hierdie plek waar ons moeg en uitgeput is, is waar die vyand ons ontmoet. Dit is wanneer ons die kwesbaarste is om swak keuses te maak, skerp woorde te sê en ander sonde toe te laat.  

Om leeg te voel is egter 'n leuen. Moeg, ja. Oorweldig? Heel moontlik. Nooit leeg nie! Ons is kanale vir sy oorvloedige, ewig-vloeiende liefde en lewe. Sy oorvloed raak nooit op nie! Hy kom nie as 'n klein stroompie nie. Nee! Hy kom as 'n bruisende waterval van genoeg, van meer as genoeg, van oorvloedige barmhartigheid en genade. Die Bron skakel nooit af nie. 

Jesus het dikwels van die skare weggeglip om te bid (Lukas 5:16). Hy het moeg geword (Markus 4:38). Tog het die skare Hom meestal gevolg. Eerder as om hulle weg te stuur, het Hy vir hulle kos gegee omdat sy deernis vir ander belangriker as sy eie behoeftes was. Omdat Hy geweet het waar die bron van sy vermoëns gesetel is, het Hy gerus en gebly in die krag van sy Vader, veral toe Hy nie kon wegkom nie. 

Wanneer ons diens en versorging aan ander ons gedaan laat voel, is dit dalk omdat ons vergeet het om in sy teenwoordigheid te bly — om in en by Hom te bly. Wanneer ons moeg is, moet ons dalk 'n uiltjie knip. Of dalk moet ons nader aan Hom beweeg en in sy sorg rus. 

Dit is iets wat ons moet oefen en dan sal ons baie geleenthede kry. Die beste manier hoe ons na onsself kan omsien, is om te leer om met Hom in pas te kom en in Hom te bly. Soos ons op Hom leun en op sy krag vertrou, sal ons swak geestelike spiere ontwikkel tot sterk arms van barmhartigheid en genade vir ander, selfs wanneer ons moeg is.

“Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself” Filippense ‭2:3‬‬.

GOD SE VERSEKERING:  

“Ek kan steeds vir ander lief wees en ander versorg al is ek moeg, want Hy is my voortdurende kragbron.”

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Affirmation: Self Or God? By Robin Meadows

Selfbemagtiging en persoonlike ontwikkeling is vandag algemene konsepte in ons kultuur. Om bewus te wees van die self, om verantwoordelik te wees en om jou sterk punte en swakhede te ken is 'n pluspunt in die lewe. Kan hedendaagse selfversekering egter net ver genoeg van die waarheid wees dat dit jou keer om die lewe te leef wat God vir jou beplan het? In hierdie 6-dag leesplan deur Robin Meadows gaan ons die Skrif bestudeer om die waarheid te onthul.

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows