Versekering: deur Myself of God? Deur Robin MeadowsVoorbeeld
SELFVERSEKERING:
"Ek is die beste advokaat vir my doelwitte."
'n Advokaat is iemand wat ter ondersteuning, bevordering of verdediging van 'n saak praat. 'n Voorspraak.
Kan jy werklik jou eie beste ondersteuner wees? Jou eie voorspraak of pleitbesorger? Jou eie verdediger?
Verseker ... ons kan op ander trap om ons doelwitte te bereik. Ons kan ander verneder om onsself te laat beter voel. Alles kan daaroor gaan om onsself te laat geld. Teen watter prys? Dit is 'n eensame en uitputtende plek om te leef.
Is dit nie veel beter om iemand anders aan jou kant te hê nie? 'n Groep betroubare vriende? Jou familie? Jou huweliksmaat? Hulle is jou ondersteuners!
Bemoediging gee weer moed vir 'n ander. Ondersteuning wanneer ons swak voel, intree wanneer ons misluk en optel wanneer ons val. In hierdie lewe het ons ander mense nodig wat ons ondersteun, aanmoedig en ons prestasies vier!
Wat die ondersteuning van vriende en familie verreweg oortref, is dié van die groot Advokaat — die Heilige Gees. Hy begeer om ons aan te moedig en op die lewenspad langs ons te stap. Baie keer loop ons egter vooruit, baan ons eie weg en hoop maar dat Hy ons eie doelwitte en agendas sal ondersteun. Ons is so besig om vorentoe te stoomroller dat ons nooit eens lank genoeg stop om Hom te vra of ons nog op die regte pad is en die regte keuses maak nie. Ons vra beslis nie wat sy doelwitte vir ons is nie. Om die waarheid te sê, wil ons meesal nie hoor wat Hy sê nie.
Daar is 'n beter manier! Sy manier.
Met die Heilige Gees as jou Voorspraak, kan jy die begeertes en vrese binne jou stil maak deur jou toekoms in God se hand te plaas. Dit is beslis 'n risiko. Vertroue is altyd 'n risiko. God belowe egter om jou hoop en doelwitte te vermeerder tot selfs meer as wat jy kan droom, wanneer jy die dapper keuse maak om dit in sy bekwame, kreatiewe hande te plaas.
Jou blink en glorieryke geloofavontuur kan onmiddellik begin.
"Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra" Efesiërs 3:20 (NLV).
"Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid ..." Johannes 14:16-17a
GOD SE VERSEKERING:
“My Vader is die beste Advokaat vir my drome en doelwitte.”
Aangaande hierdie leesplan
Selfbemagtiging en persoonlike ontwikkeling is vandag algemene konsepte in ons kultuur. Om bewus te wees van die self, om verantwoordelik te wees en om jou sterk punte en swakhede te ken is 'n pluspunt in die lewe. Kan hedendaagse selfversekering egter net ver genoeg van die waarheid wees dat dit jou keer om die lewe te leef wat God vir jou beplan het? In hierdie 6-dag leesplan deur Robin Meadows gaan ons die Skrif bestudeer om die waarheid te onthul.
More