Die Goeie WerkVoorbeeld

The Good Work

DAG 7 VAN 7

Name en Afvalligheid

Die laaste drie hoofstukke van Nehemia is nie wat iemand as die opwindendste van al die hoofstukke sou beskou nie. Daarin kry jy een en 'n halwe hoofstukke gewy aan die name van die mense wat hulle in Jerusalem gevestig het, 'n halwe hoofstuk waarin die toewyding van die herboude muur uiteengesit word, en in 'n semi-neerdrukkende draai, 'n laaste hoofstuk waarin daar van Nehemia se pogings vertel word om die afvalligheid te herstel wat in sy afwesigheid in Jerusalem plaasgevind het.

Wat is ons veronderstel om uit dit alles te neem?

Daar is altyd 'n kans dat ons voltooide werk in die moeilikheid kan kom en weer aandag moet kry. 'n Vriend wat met verslawing sukkel, kan 'n terugslag ervaar, of 'n gesin wat jy gehelp het om 'n huis te kry, kan weer op straat beland. Dit is normaal om hierdie situasies ontmoedigend te vind. Ons is egter voortdurend besig om te ontwikkel. As jy jouself dus in sulke situasies bevind, hou moed. Pak die bul by die horings as jy kan. Indien nie, vind iemand wat jy vertrou vir wie jy die leisels kan oorgee. Die werk is nog steeds God s'n; dit is nog steeds waardig en Hy sal dit volbring.

Wat van die lys met name? Mens kan maklik oorreed word om oorsigtelik daarna te kyk, maar dit is eintlik 'n baie spesiale lys. Daardie onvermoeide werk wat Nehemia tot eer van God gedoen het? Dit is die name van die mense wat geraak is deur Nehemia se werk, wie se lewens verander is deur die risiko's wat hy geneem het en die opofferings wat hy gemaak het.

As jy God se werk doen, sal jy eendag 'n soortgelyke lys hê wat bestaan ​​uit die name van lewens wat verander is as gevolg van die risiko's wat jy geneem het en die opofferings wat jy gemaak het. Alles tot eer van God.

Oordink: Op wie se lys sou jou naam gevind word? Wie se name sal op jou lys verskyn?

Lees meer oor hoe om jou doel te vind by Finds.Life.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Good Work

Dis dalk nie vir jou moontlik om die hele wêreld te verander nie, maar jy kan jóú deel daarvan verander. Wat is jou doel? Wat is jou verhaal? Wat wil God deur jou doen? Vind uit deur Nehemia se ondervindinge in hierdie nuwe Life.Church leesplan, wat pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, Die Goeie Werk, vergesel.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/