Onbaatsugtig: Leef 'n Ander-Eerste Soort LeweVoorbeeld

Selfless: Living An Others-First Kind Of Life

DAG 6 VAN 6

Opoffering

Vandag gaan ons 'n vers lees oor Jesus wat vir ons gesterf het. Hy het Homself vir ons opgeoffer. Daar is geen groter liefdesdaad as om jou lewe vir iemand anders neer te lê nie.

Dit beteken darem nie jy moet vir jou vriend gaan sterf, net om te wys hoe baie jy vir hom omgee nie. Jy hoef hom nie van 'n aankomende trein te red of voor 'n koeël in te spring nie.

Wat dit egter wel beteken, is dat ons aan ons selfsugtige behoeftes moet sterf.

Om 'n ander-eerste soort lewe te lei, beteken dat jy dinge waarvoor jy lief is, prysgee ter wille van dít wat jy nóg liewer het.

Goeie vriende sal bereid wees om dinge wat vir hulle belangrik is, prys te gee vir dinge wat hulle weet beter vir hulle vriende is.

Bid dat jy sal ontdek wat dit behels om 'n ander-eerste soort leefstyl te leef en om ander se behoeftes voor jou eie te stel.

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Selfless: Living An Others-First Kind Of Life

Om ander mense eerste te stel, is nie natuurlik vir enigiemand nie. Dit is Goddelik van aard. Mense hou nie van selfsugtige mense nie. As jy die soort mens wil wees wat help, ander dien en daar wees vir jou medemens, slaan dan ag op wat die Bybel sê oor hoe om so 'n mens te word.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church