Onbaatsugtig: Leef 'n Ander-Eerste Soort LeweVoorbeeld

Selfless: Living An Others-First Kind Of Life

DAG 3 VAN 6

Ander-Eerste in Alles wat die Lewe Bring

Een van die eerste dinge wat God oor die mens gesê het (Genesis 2:18), was dat dit nie vir die mens goed is om alleen te wees nie.

Ons is nie geskep om hierdie lewe op ons eie deur te bring nie. Dit is hoekom God ons aan mekaar gegee het.

Dink aan jou vriende. Is julle net maats vir die lekker dinge in die lewe of ondersteun julle mekaar as die lewe begin druk?

Die goeie dinge van vriende is — hulle staan deur dik en dun, goeie en slegte tye by mekaar.

Vriende is daar om die lewe saam te ervaar. Dit beteken dat julle saam pret kan hê, maar dit beteken ook wanneer die lewe swaar word, dat julle mekaar ondersteun en saam daardeur gaan.

Ons het mekaar nodig om saam deur die goeie én slegte tye te gaan.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Selfless: Living An Others-First Kind Of Life

Om ander mense eerste te stel, is nie natuurlik vir enigiemand nie. Dit is Goddelik van aard. Mense hou nie van selfsugtige mense nie. As jy die soort mens wil wees wat help, ander dien en daar wees vir jou medemens, slaan dan ag op wat die Bybel sê oor hoe om so 'n mens te word.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church