Onbaatsugtig: Leef 'n Ander-Eerste Soort LeweVoorbeeld

Selfless: Living An Others-First Kind Of Life

DAG 5 VAN 6

Onvoorwaardelik

God se liefde vir ons is onvoorwaardelik. Wat dit beteken, is dat Hy ons sonder voorbehoud liefhet en Hy verwag niks van ons terug nie. Dit maak nie saak wat ons gedoen het, wat in ons verlede gebeur het, wat ons ervaar het, of wie ons is nie, Hy sal ons nie minder liefhê nie. Sy liefde is volmaak, nimmereindigend en Hy verwag niks in ruil daarvoor nie.

Wanneer ons 'n ander-eerste soort leefstyl wil kweek, moet ons mense liefhê sonder om enigiets terug te verwag.

Ons raak so maklik vasgevang in 'n lewe waar ons mense eerste stel wat vir óns iets kan gee — vir ons omgee of gunste doen.

Die moeilikste is om mense te help, te ondersteun en lief te hê wanneer ons weet ons gaan niks terugkry nie, of selfs as hulle ons nie goedgesind is nie.

Bid vandag dat jy sal leer om mense lief te hê en mense te help sonder om iets terug te verwag, want dit is wat onvoorwaardelike liefde behels.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Selfless: Living An Others-First Kind Of Life

Om ander mense eerste te stel, is nie natuurlik vir enigiemand nie. Dit is Goddelik van aard. Mense hou nie van selfsugtige mense nie. As jy die soort mens wil wees wat help, ander dien en daar wees vir jou medemens, slaan dan ag op wat die Bybel sê oor hoe om so 'n mens te word.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church