Onbaatsugtig: Leef 'n Ander-Eerste Soort LeweVoorbeeld

Selfless: Living An Others-First Kind Of Life

DAG 2 VAN 6

Ander-Eerste Is Goddelik van Aard

Het jy al ooit 'n kleuter dopgehou wat met sy speelgoed speel? Het jy al met daardie speelgoed probeer speel? Wat gebeur gewoonlik? Die kleintjie sien jou met sy speelding, hardloop nader, gryp die speelding en skree: "myne"!

Die werklikheid is dat almal van ons op 'n stadium daardie kleuter was, niemand is uitgesonder nie. Ons is almal selfsugtig gebore, ons hou vas aan wat ons s'n is en dit verander nie eintlik namate ons ouer word nie.

Om 'n onbaatsugtige lewe te lei, is nie vir ons natuurlik nie; dit is Goddelik van aard. Dit kom van God af. Ons moet God se liefde tot so 'n mate ervaar dat dit ons motiveer om ons medemens ook so lief te hê.

Ons kan nie 'n ander-eerste soort lewe op ons eie leef nie. Ons moet dit van God kry en Hom toelaat om ons van binne te verander, wat dan ons optrede na buite sal verander.

Bid dat jy die liefde van God op so 'n opregte wyse sal verstaan en ervaar dat jy ander mense net so sal liefhê.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Selfless: Living An Others-First Kind Of Life

Om ander mense eerste te stel, is nie natuurlik vir enigiemand nie. Dit is Goddelik van aard. Mense hou nie van selfsugtige mense nie. As jy die soort mens wil wees wat help, ander dien en daar wees vir jou medemens, slaan dan ag op wat die Bybel sê oor hoe om so 'n mens te word.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church