Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 3 VAN 43

Lees: Hosea 1:1, 2 Konings 14:23-29

SOAP: Hosea 1:1

Verdere Leeswerk: 2 Kronieke 26-28

Die woord van die Here wat gekom het tot Hosea seun van Beëri tydens die regering van konings Ussia, Jotam, Agas en Hiskia van Juda en van koning Jerobeam van Israel, seun van Joas. - Hosea 1:1

 

Vandag se Skrif gee vir ons 'n bekendstelling van Hosea en Jeroboam.

Hosea was 'n profeet. Sy naam beteken "verlossing." Dit kom uit dieselfde Hebreeuse wortel (hoshea) as dié van die name Josua en Jesus. Reg deur die boek sal Hosea ons daarop wys dat verlossing gevind word in die oorgee aan die Here en wegdraai van sonde.

Hosea se bediening dek die jare 760 tot 720 B.C. gedurende die dae van die verdeelde koninkryk, toe die volk van God verdeel het in 'n burgeroorlog, en daar twee nasies geskep is: Israel in die noorde en Juda in die suide.

Onder die bewind van Jeróbeam II het Israel op politieke en materiële gebied vooruit gegaan, maar dit was ook 'n tyd van beduidende geestelike en morele verval. Hosea het sy bediening begin op 'n tydstip toe dinge so polities suksesvol en ekonomies voorspoedig was dat mense net nie meer na die Here gekyk het soos hulle veronderstel was nie. Die saad van afgodediens, geestelike mislukking en morele korrupsie wat in die dae van Jeroboam II gesaai is, het in die daaropvolgende jare 'n tragiese oes opgelewer.

Dit gebeur ook in ons moderne tyd. Soms, wanneer ons geen gebrek aan materiële behoeftes het nie, vergeet ons van God en hoeveel ons Hom nodig het. Ons mag dink dat ons 'n suksesvolle lewe leef gebaseer op finansies, verhoudings of loopbaan. Maar wanneer God nie die eerste prioriteit in ons lewens is nie, maak dit nie saak wat ons doen nie, die saad van afgodery en geestelike mislukking sal ook in ons harte gesaai word.

Liewe Here, help my asseblief om te onthou dat U alles is wat ek nodig het. Ek wil hê dat U nommer een in my lewe moet wees. Moet my nie toelaat om enige afgode in my lewe te plaas nie. Ek wil vir U leef. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle gekeer het. In plaas daarvan het Hy sy getroue liefde gestuur. Hosea herinner ons dat God sy verbond hou. Sy getroue liefde streef na sy mense en sy beloftes bly standvastig.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com