Ontvang krag in die teenwoordigheid van God Voorbeeld
HOOP IN DIE HERE
Versterk die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Hebreërs 12:12
Die vraag wat ek jou vandag wil vra, is: Op wie vertrou jy in tye van beproewing? Sommige van julle kry swaar onder finansiële probleme. Julle sê: “Ek is so diep in die skuld. Ek het my onderneming in geloof begin, en nou werk dit nie uit nie.” Wy dit alles vandag aan die Here, en Hy sal jou lewe omkeer. “Ek is so pas met kanker gediagnoseer.” Roep na Jesus, die groot Geneser. Sê vir Hom: “Here, net U kan my help.”
Job het gesê: “Al sou God my doodmaak, ek kan nie wag nie, ek moet my saak vir Hom stel” (Job 3:15). En: “Ek weet dat my Losser leef” (Job 19:25). Omdat Jesus leef, het ons hoop vir môre. Dit maak nie saak watter beproewings ons moet deurstaan nie, ons moet ons hoop in die Here plaas en Hom dien. Soos een gelowige gesê het: “Selfs al maak julle my dood, sal julle nooit die lewende Christus uit my hart kan ruk nie.”
Hebreërs 12:1-2 sê ons het ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons. Hulle moedig ons aan terwyl ons die wedloop hardloop. Hulle volhard, en hulle sal ons inspireer om ook ons wedloop te voltooi deur ons oë op Jesus gerig te hou. Hy is die Een wat ons slap hande en ons lam knieë sal versterk sodat ons nie moeg sal word en moed verloor nie.
Here Jesus, ek plaas vandag al my hoop in U. Ek sal U dien, wat ek ook al hier op aarde moet verduur. Omdat U leef, het ek moed vir môre. Amen
Aangaande hierdie leesplan
As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te veg. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za