Ontvang krag in die teenwoordigheid van God Voorbeeld
VOLHARDING
Julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. Jakobus 1:2-3
Jakobus sê ons moet baie bly wees as ons beproef word, want wanneer ons geloof getoets word, sal ons leer om te volhard in die geloof. En die apostel Paulus sê in Romeine 5:3-4: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.” As jy deur die Bybel blaai, sal jy sien dat al die Bybelkarakters deur die vuur van beproewing en swaarkry is. Ons Here self het met sy pyn en lyding die hoogste prys vir my en jou betaal.
Wanneer iemand swaarkry, sal sommige Christene sê: “Daar moet sonde in jou lewe wees. Dit is hoekom jy swaarkry.” Ek stem nie hiermee saam nie. My God is die goeie God. Hy loop nie en soek na sonde ons lewe sodat Hy ons in beproewings kan dompel nie. Ek wil nie so ‘n God dien nie.
Ons kry swaar omdat ons in ‘n gebroke wêreld leef, nie omdat God ons wil straf nie. God kan egter ons swaarkry en beproewings gebruik om ons geloof en hoop in Hom te versterk. Hy roep ons terug na Hom toe deur swaarkry. Dit is die God wat ek aanbid. En ek wil jou vandag aanmoedig: As die vuur in jou lewe al hoe warmer brand, nader tot Jesus. Hy sal jou skild en jou krag wees.
Here Jesus, dankie dat U die hoogste prys vir my betaal het. Wees altyd by my in my lewe, veral in swaarkrytye. Versterk my sodat ek sal volhard in my geloof in U. Amen
Aangaande hierdie leesplan
As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te veg. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za