Ontvang krag in die teenwoordigheid van God Voorbeeld

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God

DAG 2 VAN 7

VROEG IN DIE OGGEND

Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan en gebid. Markus 1:35 

Toe hulle vir Martin Luther vra: “Wat doen jy wanneer jy baie besig raak?” het hy geantwoord: “Ek staan vroeër op in die oggend.” Ons moet vroeg opstaan en vir God die eerste opbrengs van die dag gee. Ons stiltetyd by Hom is lewensnoodsaaklik. Jesus het hierdie voorbeeld vir ons gestel. Hy het ons geleer dat ons nie met die mense oor God kan praat voordat ons met God oor die mense gepraat het nie. Dit is nie goed genoeg om ‘n boodskap te verkondig nie. Jy moet die regte boodskap verkondig. Hoe kry jy die regte boodskap? Deur tyd by God deur te bring! 

Ek het al baie tyd in my gebedskamer deurgebring en daar op die Here gewag. Die visioen om die groot vragmotor, die Saaier, te koop – waarmee ons die Woord van God vanaf Kaapstad tot in Jerusalem versprei – het ek in my gebedskamer ontvang. Dit het ses maande in die teenwoordigheid van God gekos, vanaf vieruur in die oggend tot twaalfuur die middag. Dalk het jy nie so baie tyd nie, maar jy kan steeds vir God die beste deel van jou dag gee. 

Herlewing begin dikwels met een man of vrou wat tyd op hulle knieë in die teenwoordigheid van God deurbring. Ons stiltetyd is die vuurhoutjie wat herlewing aan die brand steek.  

Sit jy in die oggend in stilte aan die Here se voete en bid tot Hom? Is jy opgewonde oor wat die Here in jou lewe gaan doen? 

Here Jesus, ek wil u voorbeeld volg en vroeg in die oggend tot U bid, sodat U vir my ‘n boodskap kan gee wat ek deur die dag kan uitdra. Amen 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God

As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te veg. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

More

Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za