Rus in HomVoorbeeld
“Elektrisiteit of kragopwekkers?”
Navorsing het bewys dat ’n peuselhappie wat hoog in suiker is, nie noodwendig jou energie vermeerder nie. Atlete wat ’n suikerlose drankie voor oefening gedrink het, het beter energievlakke getoon. Soms kan jy dink iets is goed vir jou, terwyl die teenoorgestelde waar is. Vroue soek baie keer energie in verhoudings, hulle voorkoms en wat hulle bereik. Jy vind egter energie in jou binnekamer, tydens ’n dankbare ete en wanneer ons rus soos God vir ons dit beplan het.
Hierdie oordenkings is geneem uit DIE SAKPAS-BYBEL MET OORDENKINGS VIR VROUE deur Norma Rossouw © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Aangaande hierdie leesplan
Daar is soveel dinge wat ons elke dag moet doen. Ons kry skaars ons daaglikse werk afgehandel – wat nog te sê om uit te kom by belangrike dinge soos ontspanning, gesinstyd en naastediens. Hierdie 5-dag-leesplan sal jou lei om te besef dat rustyd en ontspanning deel is van God se plan vir jou lewe. Dit is trouens noodsaaklik dat jy moet rus, en veral by God rus moet vind. Hy wil graag jou swaar las van jou skouers afneem en vervang met sy vrede. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE SAKPAS-BYBEL MET OORDENKINGS VIR VROUE deur Norma Rossouw © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Norma Rossouw bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: www.cumbooks.co.za/ en http://www.cumuitgewers.co.za/die-sakpas-bybel-met-oordenkings-vir-vroue-linne