Rus in HomVoorbeeld
“Net te besig om te kan rus”
Werk is in vandag se ekonomiese klimaat ’n wonderlike voorreg en geskenk, en die gesondheid om dit te kan doen is ’n nog groter geskenk. Jy moet egter ’n balans vind tussen jou werk, om te rus en te leef saam die mense vir wie jy lief is. Droom jy ook daarvan om eerder voltyds vir Hom te werk? Staan dan môreoggend op en gaan werk. Jou werkplek is jou bediening en God wag al lank vir jou om te besef jou roeping lê juis daar.
Aangaande hierdie leesplan
Daar is soveel dinge wat ons elke dag moet doen. Ons kry skaars ons daaglikse werk afgehandel – wat nog te sê om uit te kom by belangrike dinge soos ontspanning, gesinstyd en naastediens. Hierdie 5-dag-leesplan sal jou lei om te besef dat rustyd en ontspanning deel is van God se plan vir jou lewe. Dit is trouens noodsaaklik dat jy moet rus, en veral by God rus moet vind. Hy wil graag jou swaar las van jou skouers afneem en vervang met sy vrede. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE SAKPAS-BYBEL MET OORDENKINGS VIR VROUE deur Norma Rossouw © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Norma Rossouw bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: www.cumbooks.co.za/ en http://www.cumuitgewers.co.za/die-sakpas-bybel-met-oordenkings-vir-vroue-linne