Rus in HomVoorbeeld
“Balans is kinderspeletjies”
As kinders het ons wipplank gery. Daarvoor het jy twee kinders nodig en balans in gewig, anders is die een heeltyd onder en die ander een hang in die lug. Die lewe is soos hierdie wipplank waarvan ons die kuns van balans sal moet bemeester, anders sal werk altyd swaarder weeg en verhoudings sal onvergenoegd in die lug hang. Kry ’n balans in tyd vir alles en almal sodat as dit tyd is vir jou gesin, hulle swaar genoeg weeg om die wipplank te laat beweeg. Dan volg geluk en tevredenheid.
Aangaande hierdie leesplan
Daar is soveel dinge wat ons elke dag moet doen. Ons kry skaars ons daaglikse werk afgehandel – wat nog te sê om uit te kom by belangrike dinge soos ontspanning, gesinstyd en naastediens. Hierdie 5-dag-leesplan sal jou lei om te besef dat rustyd en ontspanning deel is van God se plan vir jou lewe. Dit is trouens noodsaaklik dat jy moet rus, en veral by God rus moet vind. Hy wil graag jou swaar las van jou skouers afneem en vervang met sy vrede. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE SAKPAS-BYBEL MET OORDENKINGS VIR VROUE deur Norma Rossouw © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Norma Rossouw bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: www.cumbooks.co.za/ en http://www.cumuitgewers.co.za/die-sakpas-bybel-met-oordenkings-vir-vroue-linne