Rus in HomVoorbeeld
“Ek kan nie, ek is te besig”
Waarmee is jy so besig? Baie vroue is vasgevang in die maalkolk van besig wees wat hulle energie, gesondheid en emosies tap. Die kloue van besig wees het vroue vasgevang, want hulle is nou deel van die dolle gejaag en hulle tyd saam met God en hulle familie word beperk. Het jy al die prys bereken van jou besig wees? Dit is nie die moeite werd om jou gesondheid en verhoudings prys te gee nie. Staan stil. Kies om rustiger en meer gefokus saam met jou sielsmense die lewe te geniet.
Aangaande hierdie leesplan
Daar is soveel dinge wat ons elke dag moet doen. Ons kry skaars ons daaglikse werk afgehandel – wat nog te sê om uit te kom by belangrike dinge soos ontspanning, gesinstyd en naastediens. Hierdie 5-dag-leesplan sal jou lei om te besef dat rustyd en ontspanning deel is van God se plan vir jou lewe. Dit is trouens noodsaaklik dat jy moet rus, en veral by God rus moet vind. Hy wil graag jou swaar las van jou skouers afneem en vervang met sy vrede. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE SAKPAS-BYBEL MET OORDENKINGS VIR VROUE deur Norma Rossouw © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Norma Rossouw bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: www.cumbooks.co.za/ en http://www.cumuitgewers.co.za/die-sakpas-bybel-met-oordenkings-vir-vroue-linne