'n Plek Aan Die TafelVoorbeeld

A Place At The Table

DAG 4 VAN 7

Nagmaal 

Omdat dit een brood is, is ons, al is ons baie, saam een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. — 1 Korintiërs 10:17

Elke Donderdag plaas mense regoor die wêreld foto's op sosiale media en noem dit #ThrowbackThursday (of #tbt!). 

Dit kan foto's uit 'n persoon se kinderjare wees of selfs onlangse herinneringe van 'n paar weke gelede. Die punt om iets met #ThrowbackThursday te plaas, is om te onthou — om na te dink oor waar ons was, en hoe ons gegroei en verander het. 

Dis in ons natuur om stories en herinneringe te wil deel met mense rondom ons. Dit help ons om te sien hoe ver ons gevorder het. Die nagmaal is sowel 'n viering as 'n gewyde daad van herinnering. As ons saam nagmaal gebruik, het ons die geleentheid om bly te wees oor die lewe wat ons deur Jesus het. Daardie viering bind ons, as liggaam van gelowiges, hegter saam as enige iets anders. 

1 Korintiërs 10:17 (DB) herinner ons: "Daarom vorm ons as gemeentelede ’n hegte eenheid as ons saam die nagmaalsbrood eet, al is ons baie verskillende mense. Die nagmaal help ons om te erken dat ons saamgebind is deur Jesus en dis as gevolg van Hom dat ons 'n plek in die koninkryk het.

Wanneer ons as gemeente aan die nagmaal deelneem, kan ons nadink oor alles waardeur God ons gebring het, terwyl ons mekaar heenwys na die ewige vryheid, hoop en vreugde wat Jesus se lewe en offer ons bring!

Stof tot nadenke:

  • Wat is een van jou mooiste herinnerings uit jou kinderjare?
  • Het jy al ooit aan die nagmaal as aanbidding gedink? Hoekom of hoekom nie?
  • Dink aan 'n onlangse beproewing of moeilike ondervinding. Hoe het jy gesien dat ander God se liefde en deernis aan jou betoon?

Lyding is nie die einde van gelowiges se stories nie. Selmira se beproewings en lyding het haar die hoop op Christus laat vestig.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

A Place At The Table

'n Waskom. Nagmaalelemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk toneelversiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi word om deel te wees van die hemelse koninkryk hier op aarde.

More

Baie dankie aan Wycliffe wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.wycliffe.org/table