'n Plek Aan Die TafelVoorbeeld

A Place At The Table

DAG 2 VAN 7

Die Waskom 

As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. — Johannes 13:14 

In die VSA sal die bruid en bruidegom soms tydens hulle troue, 'n tradisie navolg wat eenheid voorstel. Hulle steek 'n kers aan, gebruik nagmaal saam of gooi twee verskillende soorte sand in 'n houer, wat hulle twee lewens voorstel wat een word.

Daar is ook gevalle waar die bruid en bruidegom besluit om mekaar se voete te was. Hierdie daad is 'n voorstelling dat elkeen belowe om die ander een met nederigheid te dien — net soos Christus gedoen het.

God heg waarde aan nederigheid en beklemtoon dit met 'n herinnering dat geen sitplek aan die tafel beter is as enige ander een nie. Daar is geen hiërargie in God se koninkryk nie. Ons is almal gelyk. Ons kundigheid, toekennings, opvoeding en status verdwyn in die niet wanneer ons voor die Skepper te staan kom.

Diegene wat aan die koninkryk van God behoort, beoefen nederigheid. Ware nederigheid is selfopofferend en ons sukkel om dit te bereik, want ons natuurlike geneigdheid is een van selfbehoud en prestasie. 

Heel dikwels laat God omstandighede of mense (of albei!) toe om ons nederig te hou. Dink aan die kere wat jy dit in jou lewe ervaar het en wat Hy jou daardeur omtrent sy karakter en koninkryk geleer het.

Stof tot nadenke:

  • Hoe sal jy "nederigheid" verduidelik?
  • Waarom dink jy is nederigheid 'n belangrike eienskap van hulle wat aan God se koninkryk behoort?
  • Is daar 'n persoon in jou lewe wat Christus se nederigheid beoefen?

Die beroemde sanger, Elvis Presley, was 'n ateïs, maar 'n onverwagte nederige ondervinding het sy lewe verander.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

A Place At The Table

'n Waskom. Nagmaalelemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk toneelversiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi word om deel te wees van die hemelse koninkryk hier op aarde.

More

Baie dankie aan Wycliffe wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.wycliffe.org/table