My Tyd Met God Deur Joyce MeyerVoorbeeld

My Tyd Met God Deur Joyce Meyer

DAG 5 VAN 5

Laat God jou lei

Ek dink ons wil almal seker wees dat ons die regte besluite neem, maar ons kan ons so maklik oor ons besluite bekommer en vol vertwyfeling en vrees wees. Ons het ’n beter keuse, en dit is om te ontspan en toe te laat dat die Here ons lei.

Die Heilige Gees is ons Leermeester en Hy is altyd by ons. Hy ken die Here se gedagtes en sal dit aan ons bekendmaak as ons op Hom steun en vertrou. Ek het gister tandpyn gehad en moes eintlik tandarts toe gaan, maar ek was uitstedig en het nie geweet na wie toe om te gaan nie. Toe gaan ek aanlyn en sien ’n mooi advertensie van ’n tandarts naby aan waar ek tuisgegaan het, maar ek kon net nie die besluit neem om te gaan nie.

Intussen het ek die Here gevra om my te lei en kort daarna het my assistent my geskakel om te praat oor die afspraak wat ek haar gevra het om te kanselleer omdat ek tandpyn gehad het. Sy sê toe die vrou met wie sy gepraat het, het ’n tandarts aanbeveel, en toe sy my die naam gee, was dit dieselfde tandarts wat ek aanlyn gekry het. Ek glo dit was God wat my gelei het. Dit was vir my ’n bevestiging dat ek die afspraak moes maak. Ek het en alles het goed verloop!

Dit neem net ’n paar sekondes om die Here te vra om jou te lei wanneer jy besluite moet neem. As jy sy leiding vertrou, kan jy ontspan. Jy sal miskien net in jou hart die rigting aanvoel wat jy moet volg en tevrede voel oor ’n besluit, of jy kan bevestiging kry, soos ek met die tandarts gekry het. Hoe die Here ook al kies om te lei, jy kan ontspan en vertrou dat Hy sal.

Gebed 

Vader, ek kies om te vertrou dat U my deur die lewe sal lei en met elke besluit sal help. Leer my hoe om van U te hoor en te ontspan oor die besluite wat ek moet neem. Amen.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

My Tyd Met God Deur Joyce Meyer

Oor die verloop van drie jaar het Joyce Meyer in haar joernaal die persoonlike oordenkings en inspirasie neergepen wat haar besige lewe aangevuur het. Daardie oordenkings vorm hierdie 5-dag-leesplan – elke dag sluit’n oordenking, ’n gebed en ’n Bybelvers in. Met elke dag bied Joyce ’n praktiese manier om tyd saam met God deur te bring, gebaseer op haar boek “My tyd met God”.

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Joyce Meyer bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/my-tyd-met-god-hardeband