My Tyd Met God Deur Joyce MeyerVoorbeeld

My Tyd Met God Deur Joyce Meyer

DAG 2 VAN 5

Kom na die Here toe

Toe Adam en Eva in die Tuin van Eden gesondig het, het hulle probeer om vir God weg te kruip. Hulle het vyeblare aanmekaargewerk in ’n poging om hulleself toe te maak (sien Genesis 3:7). Ek is die afgelope tyd baie onder die indruk van die feit dat ons nooit van God hoef te probeer wegkom nie, nooit hoef weg te kruip nie, en dat ons oor alles heeltemal eerlik met Hom kan wees. In plaas van om weg te hardloop, nooi Hy ons inderdaad om die teenoorgestelde te doen en na Hom toe te kom! Hy belowe om nooit iemand te verwerp wat na Hom toe kom nie, in watter toestand hulle ook al verkeer.

As jy skuldig voel oor iets, of as jy hopeloos misluk het met iets, hardloop so vinnig as wat jy kan na God sodat Hy jou ’n drukkie kan gee. Hy is die enigste Een wat ons kan help wanneer ons mismoedig is, misluk het of bang is. Dit is dom om weg te hardloop van die enigste hulp wat ons het. Selfs al is jy ’n bietjie kwaad vir die Here oor die teleurstellings in jou lewe, gaan in elk geval na Hom toe.

Vertel Hom hoe jy voel en vra Hom om hulp. Jesus verstaan ons, want Hy is op dieselfde manier versoek en beproef, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie (sien Hebreërs 4:15). Jesus weet presies hoe ek en jy voel, en ons het ’n staande uitnodiging om enige tyd na Hom toe te kom. Ons kan kom net soos ons is! 

Gebed 

Vader, ek is so dankbaar vir u liefde en aanvaarding. Dit is wonderlik om te weet dat U my nooit sal verwerp nie. Ek het U nodig! Help my om altyd na U toe te kom en nooit van U af weg te hardloop nie. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

My Tyd Met God Deur Joyce Meyer

Oor die verloop van drie jaar het Joyce Meyer in haar joernaal die persoonlike oordenkings en inspirasie neergepen wat haar besige lewe aangevuur het. Daardie oordenkings vorm hierdie 5-dag-leesplan – elke dag sluit’n oordenking, ’n gebed en ’n Bybelvers in. Met elke dag bied Joyce ’n praktiese manier om tyd saam met God deur te bring, gebaseer op haar boek “My tyd met God”.

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Joyce Meyer bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/my-tyd-met-god-hardeband