My Tyd Met God Deur Joyce MeyerVoorbeeld

My Tyd Met God Deur Joyce Meyer

DAG 1 VAN 5

Vertrou altyd op God

Dit is belangrik om altyd met die volste vertroue in God te leef. Dit beteken ons maak ’n geestelike gewoonte daarvan om te alle tye op Hom te vertrou, eerder as net wanneer ons ’n behoefte het of wanneer daar ’n probleem in ons lewe is. As ’n ouer sal ek nie gelukkig wees as my kinders my net kontak of kom kuier wanneer hulle iets nodig het nie.

God is genadig en Hy help ons dikwels, al het ons Hom geïgnoreer, maar dit is nie hoe Hy wil hê ons verhouding met Hom moet wees nie.

God het by my aangedring om hierdie jaar ’n jaar te maak waarin ek Hom meer en meer met alles vertrou.

Ons hoop almal dat elke dag niks anders as goeie en opwindende dinge sal oplewer nie, en dat alles presies volgens ons planne sal verloop. Tog weet ons uit ervaring dat dit selde so uitwerk – ons kan in die verkeer vasval, wat ons laat maak vir ’n afspraak, of iemand kan ons op die een of ander manier teleurstel of seermaak. Dit help baie om te besluit om God geheel en al te vertrou, selfs voordat daar ’n probleem is.

Gebed 

Vader, ek vertrou vandag op U vir wat die dag ook al inhou. As daar vandag probleme is wat ek nie verwag het nie, vertrou ek dat U na my sal omsien en my in staat sal stel om te doen wat ek moet doen. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

My Tyd Met God Deur Joyce Meyer

Oor die verloop van drie jaar het Joyce Meyer in haar joernaal die persoonlike oordenkings en inspirasie neergepen wat haar besige lewe aangevuur het. Daardie oordenkings vorm hierdie 5-dag-leesplan – elke dag sluit’n oordenking, ’n gebed en ’n Bybelvers in. Met elke dag bied Joyce ’n praktiese manier om tyd saam met God deur te bring, gebaseer op haar boek “My tyd met God”.

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Joyce Meyer bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/my-tyd-met-god-hardeband