Ons Daaglikse Brood - Bybelse GrondbeginselsVoorbeeld
Die Begin (?-1440 v.C.)
Die Bybel begin met hierdie woorde: "In die begin het God die hemel en die aarde geskep." Die eerste twee hoofstukke van Genesis vertel hoe God die wêreld in ses dae gemaak het en die sewende dag gerus het.
Die kroon van die skepping is die mensdom. Adam, die eerste man, is in die tuin paradys, genaamd Eden, geplaas, waar hy die tuin moes versorg. Die diere is in pare gemaak, maar Adam was alleen. Dus het God vir hom 'n vrou gemaak en hulle gesê om kinders te hê en die aarde te vul.
Die Tuin van Eden was hulle s'n om te geniet — met een uitsondering. Hulle is gesê om nie van die boom genaamd "die boom van die kennis van goed en kwaad" te eet nie. Maar Eva het ingegee tot die versoeking van die Satan, God se vyand, en van die verbode vrugte geëet. Adam het ook geëet en so het hulle in sonde geval. Hulle is uit die tuin verdryf. Eva sou met pyn en lyding kinders in die wêreld bring en Adam sou 'n harde lewe lei om kos uit die aarde te produseer.
Sonde het daardie geslag binnegekom en sou deel wees van die res van die mensdom. Tog het God redding belowe deur die saad van die vrou en 'n beeld van daardie redding geskep deur die voorsiening van klere van dierevelle.
Adam en Eva het dus buite die tuin begin woon. Die tragedie van die sondeval is vroeg gedemonstreer toe een van Adam en Eva se seuns, Kain, sy broer Abel doodgemaak het. Soos die ras vermeerder het, het dit meer en meer goddeloos geword. God het dit uiteindelik met 'n groot vloed vernietig. Net Noag het genade in God se oë gevind, en deur die bou van die ark is hy en sy gesin gespaar.
Van daardie agt mense het die ras weer vermeerder. By Babel het die mense probeer om God te tart deur 'n toring na die hemel toe te bou, maar God het hulle verstrooi en hulle verskillende tale gegee.
Genesis 12 teken 'n verandering in God se omgang met mense aan. Die Here het een man uitgesonder, Abram, wat in Ur van die Galdiërs gewoon het, en hom en sy nageslag bestem as sy spesiale mense. God sou Homself deur hulle bekendmaak. Abram se naam is verander na Abraham, en hy is beveel om na 'n land te trek wat God later aan hom sou bekendmaak. Daardie land was Palestina, en God het dit vir Abraham en sy kinders gegee, vir ewig.
Abraham en sy afstammelinge — Isak, Jakob en Josef — het as nomades geleef, baie soos die Bedoeïene van vandag. Hulle het in tente gewoon. Hulle het met beeste en skape geboer. Die bewussyn van familie was sterk, met die oudste lewende manlike lid wat as die patriargale leier en gesinspriester gedien het.
Vir 'n lang tyd het dit gelyk of Abraham sonder 'n seun sou sterf, ten spyte van God se belofte. Maar op hul oudag het Abraham en Sara wonderbaarlik 'n seun gehad — Isak. Isak se seun Jakob het die familie uitgebrei met 12 seuns, mans wat die hoofde van die stamme van Israel geword het. Die familie het in Palestina gewoon tot 'n hongersnood hulle na Egipte gedryf het. Een van die 12 seuns, Josef, het op die voorgrond getree in Egipte, en hy het hulle beskermer en weldoener geword.
Die familie het 430 jaar in Egipte gebly en vinnig vermenigvuldig. Hulle het egter geleidelik slawe geword. Die toekoms van die familie, nou 'n groot nasie, is bedreig deur 'n koninklike bevel dat alle manlike kinders doodgemaak moes word. God het 'n man genaamd Moses, wat in die hof van Farao grootgeword het, geroep om Israel na vryheid te lei. Na 'n bittere stryd met Farao het hulle deur die Rooi See (wat God wonderbaarlik geskei het) getrek tot in die woestyn, op pad na Kanaän, die Beloofde Land.
Tydens die reis het Moses die wet van God op die berg Sinai gekry, asook die instruksies om 'n tent van aanbidding te bou. Hulle het by die rand van Kanaän gekom en spioene ingestuur. Maar die moed wat hulle gehad het toe hulle Farao gekonfronteer het, het hulle verlaat, en die mense het geweier om die Beloofde Land in te neem. Weens hulle ongeloof het God hulle gestraf deur hulle 40 jaar in die woestyn te laat rondtrek, totdat die hele geslag uitgesterf het.
Wanneer die eerste vyf boeke van die Ou Testament (die Pentateug) endig, is Israel bymekaar op die walle van die Jordaanrivier. Moses, hulle groot leier, is dood, maar 'n nuwe leier, Josua, is reg om die intog in Kanaän te lei.
Om God te sien. Noudat ons die geskiedenis hersien het, soos opgeteken in die Pentateug, kom ons gaan terug en kyk weer. Onthou, ons doel is nie net om die verhaal van die Bybel te ken nie, maar om die God agter die verhaal te ken — en om onsself in 'n verhouding met Hom te sien. Die eerste vyf boeke is vol inligting wat ons help om God te ken, so kom ons kyk na een verteenwoordigende insident: die verhaal van Noag in Genesis 6-8. Terwyl jy die verhaal van Noag se redding van die vloed lees, sien jy hierdie waarhede oor God:
Hy is 'n God wat gevrees moet word.
Dit is vir Hom moontlik om te skep en te vernietig.
Hy is geduldig met sondaars, maar sy geduld het perke.
Hy is nie net liefdevol en vriendelik nie; Hy is ook 'n God van geregtigheid, regverdigheid en woede.
Hy is bekommerd oor wat in sy wêreld aangaan.
Hy het volle beheer oor sy skepping.
Hy het die krag om geskiedenis te onderbreek.
Hy is die God van 'n nuwe begin.
Hy red dié wat Hom vertrou.
Hy maak en hou beloftes.
Om onsself te sien. In die vroeë hoofstukke van Genesis word ons vertel van Adam en Eva se besluit om ongehoorsaam te wees aan God. In daardie aksie sien ons ons eie gewilligheid en gereedheid om sy gebooie te verbreek. Hier is 'n hele paar ander maniere wat ons onsself in die eerste vyf boeke van die Ou Testament en in Job mag raaksien:
In Kain se jaloesie sien ons ons eie kompeterende geaardheid (Genesis 4:5).
In Noag se behoefte vir 'n ark van redding, sien ons ons eie behoefte aan redding van God se oordeel (Genesis 6-8).
In Abraham se geloof om God te volg, sien ons ons eie potensiaal vir geloof (Genesis 12).
In Jakob se gekonkel, sien ons ons eie geneigdheid om onsself te vertrou (Genesis 25, 27).
In Josef se goedhartigheid teenoor sy broers, sien ons ons eie verantwoordelikheid om te vergewe (Genesis 42-45).
In Israel se onwilligheid om Kanaän binne te gaan, sien ons ons eie swakheid van geloof (Eksodus 14).
In Job se reaksie op lyding, sien ons ons eie gevoelens wanneer dinge teen ons draai (Job 3).
Aangaande hierdie leesplan
Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskakel. Jy sal geestelike insigte ontdek wat vandag tot jou hart sal spreek en jy sal verstaan hoekom die Bybel 'n blywende en invloedryke boek is. Begin vandag — dis net twaalf, 5-minuut oordenkings met daaglikse Bybelleesstukke.
More