Wat Is Vrygewigheid?Voorbeeld
Jesus het vir ons vrygewigheid gewys toe Hy sy lewe vir ons gegee het.
Ons het die afgelope paar dae baie oor vrygewigheid gepraat. Ons het geleer dat dit nie net oor geld gaan nie, ons kan gee al het ons nie baie nie, waarom vrygewigheid belangrik is, en hoe ons moet leer om sekere goed prys te gee om ware vrygewigheid te ervaar. Het jy al gewonder waar vrygewigheid vandaan kom?
Dink aan vakansies soos Kersfees. Waarom gee ons geskenke? Ons gee omdat God eerste gegee het. Kom ons leer 'n bietjie meer met 'n Kersfees Vasvrales in die video hieronder.
Nogal snaakse goed, nè? Net soos "Quizman" gesê het — ons het almal 'n baba vir Kersfees gekry. Dit klink 'n bietjie eienaardig, maar die Baba is die rede hoekom vrygewigheid so baie saak maak. Dit was nie net enige baba nie. Dit was baba Jesus — Hy was die geskenk wat ons wêreld vir altyd verander het! Om die waarheid te sê, in Johannes 3:16 staan dat God sy enigste Seun, Jesus gegee het, sodat ons die ewige lewe kan hê. Dit is 'n wonderlike geskenk!
Ons het beslis nie so 'n wonderlike geskenk verdien nie. Want ons het almal gesondig — met ander woorde, ons het verkeerde dinge gedoen en verkeerde keuses gemaak wat God se hart seergemaak het. Hy wou dit kom regmaak, want Hy het ons baie lief. Dus het Hy Jesus vir ons gegee. Deur so 'n groot Geskenk — as gevolg van God se vrygewigheid — kan ons nou 'n verhouding met Hom hê.
Ons weet God is die vrygewigste — ooit! Wanneer ons gee, begin ons harte 'n bietjie meer soos sy hart te word, soos ons gister geleer het. Om te gee maak saak, want dit is een manier om aan God terug te gee — Hy wat alreeds so baie vir ons gegee het.
God het vir ons sy Seun gegee en Hy hou aan om vir ons te gee. Elke goeie ding wat ons het is 'n geskenk van God wat ons met ander kan deel deur vrygewig te leef. Ons weet hoe om geskenke te gee, want God het ons so baie gegee. Jesus het vrygewigheid aan ons bewys toe Hy sy lewe vir ons gegee het. Laat ook ons vrygewig begin lewe — maar nie om te spog oor hoe goed ons is nie. In plaas daarvan, laat ons vrygewig wees sodat meer mense kan sien hoe vrygewig God is!
Aangaande hierdie leesplan
Jy het nie nodig om te wag totdat jy ouer is om 'n vrygewige lewe te leef nie — die feit is dat die gewoontes wat jy vandag aanleer, sal bepaal hoe jy môre gaan lewe. In hierdie 6-dae leesplan wat video's insluit, sal ons sommige algemene vrae oor vrygewigheid beantwoord en maniere verken hoe om vrygewigheid te beoefen en hoekom dit vandag saak maak.
More