Wat Is Vrygewigheid?Voorbeeld

What Is Generosity?

DAG 4 VAN 6

Maak jou hart skoon. 

Het jy 'n hoekie in jou kamer waar jy goed opgaar en dit nogal slordig lyk? Die meeste van ons het gewoonlik een plek — 'n laai, 'n slordige hangkas, onder die bed — waar allerhande goed opgaar. Dan vind jou ma gewoonlik daarvan uit en vra jou 'n miljoen keer om dit op te ruim, maar op een of ander manier gaar daar net weer nuwe goed op. 

Klink dit bekend? Ons begin om al die goed op te gaar wat eens op 'n tyd spesiaal in ons lewens was, maar later het ons dit net gehou en dit nie uitgegooi of weggegee nie. So word ons goed in plekke ingedruk waar dit ophoop en stof opgaar — dit laat alles stampvol en slordig lyk. 

Ons harte kan ook so lyk. Ons versamel heelwat emosionele laste en dra dit binne ons rond sonder om te besef hoe swaar dit ons harte maak. Wat is emosionele laste? Dit kan baie dinge wees — pyn van dinge wat met ons gebeur het, beledigings van ander, ongesonde gewoontes — enige ervarings. Kyk na vandag se video en leer meer oor emosionele laste. 

Wanneer ons harte baie laste ronddra, wil ons al hoe meer goed bymekaar maak. Dan kan ons nie verras wees wanneer laste by ons harte begin uitkom nie. Dink so daaroor. Indien jy die hele tyd dinge begeer, dan sal jy altyd meer wil hê. Dan sal jy selfsugtig begin optree en 'n slegte houding teenoor ander mense in jou lewe ontwikkel. 

Hoe kan vrygewigheid ons harte vrymaak van 'n behoefte aan al die goed? In plaas daarvan om al hoe meer goed vir onsself te begeer, sal ons begin dink aan maniere hoe ons ander kan help, dan sal ons nie meer so baie begeer nie. 

Wat jy binne jou hart bêre, sal groei. Watter soort hart wil jy hê? 

Om baie lief te wees vir die goed wat jy begeer, sal jou hart volmaak van laste en jy sal nooit genoeg hê nie. Wanneer ons ophou om begeer, sal ons harte van God se liefde en liefde vir ander gevul word. 

Maak jou hart skoon. Om party goed te hê en te wil hê is nie sleg nie. Om goed te wil hê wat meer beteken as die dinge wat saak maak — soos om God en mense lief te hê — plaas laste in jou hart wat aanhou groei. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

What Is Generosity?

Jy het nie nodig om te wag totdat jy ouer is om 'n vrygewige lewe te leef nie — die feit is dat die gewoontes wat jy vandag aanleer, sal bepaal hoe jy môre gaan lewe. In hierdie 6-dae leesplan wat video's insluit, sal ons sommige algemene vrae oor vrygewigheid beantwoord en maniere verken hoe om vrygewigheid te beoefen en hoekom dit vandag saak maak.

More

Baie dankie Life.Church graag vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: www.life.church