Wat Is Vrygewigheid?Voorbeeld

What Is Generosity?

DAG 3 VAN 6

God sien wat mense nie kan sien nie. 

Ons het gepraat oor wat vrygewigheid is en ons het verken hoe ons vrygewig kan wees selfs met beperkte hulpbronne. Wat selfs nog belangriker is, is dat ons moet weet hoekom ons kies om vrygewig te wees. 

Ons kan rondloop en die mees vrygewige mense op die planeet wees, maar indien ons dit met die verkeerde hart doen, beteken dit nie veel nie. Jy kan letterlik miljoene rande uitdeel en indien jy dit vir die verkeerde redes doen dan vereer jy nie vir God nie. Dit klink dalk oordrewe, maar soos ons gesê het, vrygewigheid gaan nie eintlik oor die geld nie. Dit gaan oor ons harte. 

Wanneer ons net vrygewig is om applous of aandag te kry, dan gee ons nie met die regte gesindheid in ons harte nie. Die kern van die saak is dat ons nie iets gee om iets terug te ontvang nie. Ons gee nie sodat mense moet sê: — "O, sy is so vrygewig!" of "Sjoe, het jy gesien hoe hy die persoon in nood help?" 

In plaas daarvan gee ons, want ons weet dit bring eer aan God. Ons gee wetende dat mense nie sien wat ons doen nie, maar dat God dit altyd sien. Ons gee omdat ons ander eerste wil plaas en die liefde van Jesus aan ander bewys. 

Wanneer ons met rein harte gee, kan wonderlike dinge gebeur. Kyk na die volgende verhale van studente wat 'n verskil maak op maniere wat niemand sien nie. 

God sien wat mense nie kan sien nie. Moenie gee om te ontvang nie. Ons kan gee omdat God so vrygewig teenoor ons is dat ons vrygewig teenoor ander kan wees. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What Is Generosity?

Jy het nie nodig om te wag totdat jy ouer is om 'n vrygewige lewe te leef nie — die feit is dat die gewoontes wat jy vandag aanleer, sal bepaal hoe jy môre gaan lewe. In hierdie 6-dae leesplan wat video's insluit, sal ons sommige algemene vrae oor vrygewigheid beantwoord en maniere verken hoe om vrygewigheid te beoefen en hoekom dit vandag saak maak.

More

Baie dankie Life.Church graag vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: www.life.church